By die Hoƫrskool Wonderboom bied ons verskeie sportsoorte aan waarvan gholf een is.

Gholf word gedurende die derde kwartaal gespeel. Ons gee leerders kans om hul gholfvaardighede te ontwikkel en kweek n liefde vir die sportsoort onder ons gholfspelers sodat hulle later in hul lewens steeds gholf kan speel. Ons speel ook interhuis kompetisie waarin leerders van die verskillende huise in verskillende ouderdomsgroepe teen mekaar in n houespel formaat meeding, wat dan ook as proewe vir die komende seisoen dien.

Vanjaar se algemene jaarvergadering het op 10 Maart plaasgevind waar liga indelings vir die derde kwartaal gedoen is.