Visie / missie

Jukskei is ‘n sport wat enige Wonnie die geleentheid bied om by ‘n aktiwiteit betrokke te raak , die skool te verteenwoordig en so ‘n positiewe bydrae tot Wonnie-land te lewer.

Jukskei is ‘n klein sport en dit bied die ideale geleentheid om hegte vriendskapsbande met mede Wonnies te smee en op ‘n baie ontspannende manier teen jou opponent mee te ding.

Prestasies (2019)

Geen liga het in 2020 agv covid plaasgevind nie.

Die sport het sedert 2018 van drie spanne na agt spanne in 2019 gegroei.

Vier spanne het einde 2019 onder die eerste drie in die liga geëindig nl. :
O/19 A Dogters - derde
O/19 A Seuns - derde
O/19 B Seuns - tweede
O/16 B Dogters derde

Inus Venter (gr.12 2020) slag vlak een afrigtingskursus.

Inus word in 2019 gekies vir Gauteng Noord O/19 SEUNSSPAN WAT IN Desember 2019 aan SA Kampioenskap deelneem. Sy span verower ‘n silwer medalje tydens die kampioenskap.

Inus word ook gekies vir die SA Uitnodigingspan wat in die streekstoernooi speel en waar sy span weer ‘n silwer medalje verower.

Hy word ook verder gekies vir die SA O/19 Seunsspan.

Wanneer vind die aktiwiteit plaas en oefentye

Jukskei liga- wedstryde vind in die derde kwartaal gedurende Augustus en September plaas.

Nog geen liga datums is ontvang nie.

Die liga-wedstryde vind op Saterdae van 7 – 14:00 plaas en word by die Gauteng Noord bane by 18e Laan en Swemmerstraat gespeel.

Oefening vind in die derde kwartaal Maandae – Donderdae van 14 :00 tot 16:00 by die skool se bane plaas.

Interhuis-kompetisie vind in die tweede kwartaal plaas.

Oefentye in die tweede kwartaal is twee keer ‘n week vanaf 14:00 tot 16:00 by die skool se bane. Die dae sal later met leerders gereël word.

Personeel betrokke

Organiseerder: mev. R Steyn
Hulp organiseerder: mev. K Badenhorst