Die Hoërskool Wonderboom se krieket het homself oor die laaste paar jare as een van die groottes in die Noorde van Pretoria bewys. Ons speel in die eerste kwartaal met ons 1ste-, O/15- en O/14 spanne in die Buurmanskap-Trofee vir skole Noord van Pretoria. Deelnemende skole is Wonderboom, Montana, Oos-Moot en HTS John Vorster. Die Hoërskool Wonderboom is al twee keer as die algehele wenners aangewys.

Gedurende die Junie/Julie skoolvakansie onderneem ons toere na onderskeidelik Potchefstroom. Die toere word gebruik as voorbereiding vir die liga, asook uitstekende geleentheid vir spanbou.

Ons maak gebruik van gekwalifiseerde afrigters wat passievol is oor krieket. Ons lewer jaarliks spelers op wat die distrikspan gedurende die Oktober-vakansie verteenwoordig, asook spelers vir provinsiale spanne.

Ons skool spog ook met ‘n krieket-akademie wat by KSA (Krieket Suid-Afrika) en NCU (Northens Cricket Union) geafilieer is.

By die akademie kry seuns die geleentheid om individuele afrigting te ontvang wat fokus op voorbereiding met die oog op die liga-seisoen. Krieket by Die Hoërskool Wonderboom kry aandag gedurende die hele jaar naamlik :

Eerste kwartaal - Buurmanskap-Trofee
Tweede tot vierde kwartaal – Krieket-akademie, asook toere gedurende die vakansie
Derde kwartaal – Vriendskaplike-, asook liga-wedstryde
Vierde kwartaal – Aandreeks vir Eerste-Spanne

Afrigters

Eerstespan: Mnr E Jordaan. Mnr C Schmahl
Tweedespan: TBA
Derdespan: Mnr W Jv Rensburg. Mnr E Louwrens
O/15: Mnr A Nortman. Mnr L Roodt
O/14: Mnr C Schmahl. Mnr W van Niekerk


Oefentye

Januarie en Februarie
Maandae tot Donderdae 14:30 – 16:00

Julie tot Oktober
Maandae tot Donderdae 14:30 – 17:00

Bepalings
Nog nie beskikbaar nie