Die meeste mense verstaan nie die wonderlike geleenthede wat die lewe aan hulle bied, voordat hulle nie terugkyk nie. Ons kyk vanaand terug na 2018, want herinneringe bevestig ons nalatenskap sodat ons drome ons vorentoe, die toekoms in, kan neem.

Die Amerikaans politikus Brad Sherman het tydens ‘n akademiese toekenningsaand soortgelyk aan vanaand gesê : We need to foster academic achievement, we must recognise AND reward those who strive academically, just as we honour athletic champions.

Die 2018 matrieks het gewys dat daar waarheid steek in die stukkie graffiti : If you are not willing to learn, no one can help you. If you are determined to learn, no one can stop you.

232 voltydse kandidate behaal ‘n 97,4% slaagsyfer en 186 vakonderskeidings in 23 vakke.

4 kandidate behaal 7 A’s, 3 behaal 6 A’s en 1 behaal 5 A’s. 77 kandidate kwalifiseer vir graadstudies, 42 vir diplomastudies en 5 vir sertifikaatstudies.
Baie interessant is dat die verskil tussen die Top presteerder en die tweede kandidaat slegs 0,142% is, wat wys hoe hierdie groep mekaar aangespoor het om die beste moontlike uitslae te kon behaal.

Maar seker die merkwaardigste is dat hulle bewys het dat sukses die somtotaal is van al jou klein pogings bymekaargetel. Ons top presteerder wat gaan Fisiese Wetenskap skryf het met ‘n 78% SBA maar ‘n eindresultaat van 92% gelewer het, asook daardie minder sterk kandidaat wat die jaar met 34% in ‘n vak begin het, en met ‘n 61% in die eindeksamen geslaag. Dit is die bewys dat jy nie die suksesleer kan klim met jou hande in jou sakke nie...

...ja-nee, jy klim die leer met gom op jou stoel en jou agterstewe op dieselfde stoel!

2018 se matrieks bewys het dat 6% meer dogters as seuns akademies presteer? Maar by die Groen en Goud was dit duidelik dat seuns meer betrokke is as dogters. Ses van die een, halfdosyn van die ander.... Matrieks van 2018, ‘n mooi en suksesvolle toekoms wag op julle, want Suid-Afrika se toekoms loop elke dag deur die hekke van skole en in besonder, Die Hoërskool Wonderboom. Mag julle sukses en toewyding elkeen van hierdie Wonnies wat vanaand hier beloon word, tot groter hoogtes aanspoor.

Die Groen en Goud aand. Die Sport en Kultuur toekennings is tydens hierdie aand reeds afgehandel, maar siende dat so baie van ons akademiese presteerders ook entoesiastiese kultuur en sport presteerders is, gaan ons u net so ‘n vinnige opsomming van ons prestasies gee.

Die beroemde basketbal speler Magic Johnson, is bekend vir sy aanhaling: “Talent is nooit genoeg nie. Met enkele uitsondering, is die beste spelers altyd dié wat die hardste werk.” Ek wonder of hy na Wonderboom verwys het, want die Wonnies het in 19 sportsoorte hard gewerk en uiteindelik top prestasies behaal.

34 van ons sportsterre verwerf Provinsiale kleure en 13 Nasionale kleure. Tydens die Interhoër Atletiek bring die Wonnies 3 goue, 7 silwer en 10 brons medaljes huistoe en lewer ook 2 Gauteng Noord deelnemers op.

Die Meisies Landloopspan eindig eerste in hulle liga en 4 landlopers ontvang Interprovinsiale kleure asook toekennings tydens die Gauteng Noord Prysuitdeling.

Tydens die Interhoër Swemgala verwerf die Wonnies 1 goue, 10 silwer en 3 bronsmedaljes.

Die 0/14 A rugbyspan het die wëreld aan die brand gespeel. Hulle tree as ligawenners uit die stryd en verloor ongelukkig net-net in die Noordvaal kwarteindstryd.
Die WILDCATS was ook Ligawenners en 3 TIERE word gekies vir die Blou Bulle Akademiespan.

Wag so bietjie! Daar is vier DAMETJIES wat vir die Blou Bulle 0/18 Meisies Rugbyspan gekies is!

En wie kan nou die prestasie van Oud-Wonnie Ruan Nortjé vergeet wat vir die SA 0/20 Wêreldbekerspan uitgedraf het en as slegs 1 van 2 Springbokke vir die Wêreldspan gekies is?

HOKKIE en NETBAL het hul vrou gestaan in hul onderskeie ligas. Die 2de Hokkiespan eindig 2de in die liga en die 0/17 Netbalspan het deurgedring na die Tshwane kampioenskappe.

Die 0/19 Dogters Jukskeispan eindig 1ste in die liga en die 0/16 Dogters 2de. Tydens die SA Jukskei toernooi verwerf die wonnies 1 goue en 2 silwer medaljes en een van ons seuns word weer vir die SA Span gekies.

4 Sagtebalspanne vorder tot in die Stadsbeker uitspele. 7 speelsters verwerf Provinsiale Kleure en 1 word vir die SA span gekies.

Tafeltennis het in 2018 ‘n besonder suksesvolle jaar beleef. Die A span was 2de in die liga en 1 dogter verwerf Provinsiale kleure nadat sy die 0/15 en 0/18 afdeling wen. Een van die 0/18 seuns behaal ‘n 2de plek in sy liga en verwerf ook Provinsiale kleure.

Veldteikenskiet was vir die laaste keer as formele skoolsport aangebied. 1 junior dogter skiet die Kampioenskapstrofee los by die Gauteng Ope, 9 skuts neem aan die Nasionale Kampioenskappe deel, waar 1 die SFT klas wen en 1 die FT klas. 2 skuts word na die Wêreldkampioenskappe in Pole genooi.

Die eerste Tennisspan eindig 2de in die liga.

Die 0/17 Skaakspan dring deur na die 2de rondte van D3, 1 van slegs 2 skole wat mag deurdring.

2 Wonnie Fietsryers is onder die Top 10 ryers in Gauteng en nog 2 onder die Top 20.

Die meisies Krieketspan eindig 2de in die liga en 1 speelster word in die Titans 0/19 span en 1 in die 0/16 span ingesluit.

1 speelster word ook vir die SA 0/17 Indoor Meisiespan gekies en word as kapteine aangewys.

1 van ons perderuiters verwerf Nasionale kleure.

Die Gholf, 7’s rugby en E-sport het ‘n maer jaar beleef, maar het steeds op top vlak deel geneem.

Die Amerikaanse politikus Gavin Newson sê: “An arts education helps build academic performance, while also providing alternative opportunities to reward the skills of children who learn differently.” Hennie Aucamp sê dat kultuur geen luukse is nie, maar die hoogste vorm van selfbehoud is, want kultuur staan vir interne orde en interne orde is die fondasie van alle beskawing. Kultuur is ook die skaal wat die lewe balanseer, die prisma wat die fel wit soeklig in ‘n reënboog laat versplinter en die kleure onbevange in die hoekies van elke mens se siel laat baljaar..

En die Wonnies se bydrae vorm deel van hierdie fondasie.

Die Skoolkoor het aan die 10de Wêreld-koorspele hier in Pretoria gaan deelneem. Hulle was deel van die openingseremonie en in die Kampioenafdeling vir Gemengde Jeugkore behaal hulle 79,5%, ‘n algehele 9de plek en ‘n silwer medalje.

Die Mnr & Mej Wonnie was vir die laaste keer in die huidige formaat aangebied en was soos altyd ‘n spog-geleentheid.

Die dansers bied die Peter Pan produksie aan en verwerf by kunstefeeste die volgende:

6 B-simbole, 11 B+ simbole, 6 A-simbole, 15 A+ simbole, 16 A++ simbole en 22 medaljes.
1 Danser word aanvaar om in die VSA te studeer
5 dansers kwalifiseer om SA in 2019 in Engeland te verteenwoordig.
3 dansers kwalifiseer om SA in Spanje te verteenwoordig
1 danser eindig 3de in die “Elite” kategorie by die SA Kampioenskappe
1 Sierskaatser verteenwoordig SA by die Internasionale Sierskaats Kampioenskappe in Ysland en eindig 11de in die wêreld.
Op die World Lyrical Dance Federation se Internasioanle ranglys is 6 Wonnies onder die Top 54 en een van hulle is in die 3de posisie

Die Drama het weer gesorg vir ‘n puik produksie in die Unisa Kleinteater.

Etlike Musiekleerders verskyn op die UNISA Ererol en ons musiekstudente lewer kategorie sowel as afdelingswenners by verskeie kunswedstryde op. Ons graad 12 leerders is ook na die Onderwysdepartement se Prestige konsert genooi sowel as na die Atterbury Nasionale klavierkonsert.

Een van ons Oud leerders het haar B Mus studies voltooi aan die Universiteit van Pretoria en UCT in Kaapstad en het reeds haar merk op internasionale verhoë gemaak.

Die Redenaars neem in beide tale aan altesaam 6 kompetisies deel en laat net een persoon nou weer sê ons het nie bekkige kinders nie!
2 redenaars, 1 senior en 1 junior is finaliste by die Radikale Redenaars kompetisie
1 redenaar is ‘n semi-finalis by die ATKV
1 is ‘n kategoriewenner by die Kansvatter kompetisie
1 junior seun is ‘n semi-finalis by die ATKV en ‘n finalis by ARTISTICULTA en Kansvatter

Die Idols is ook in ‘n ander formaat aangebied en puik inskrywings is ontvang.

263 inskrywings is in die 9 kategorië van die Wonnie Kaleidoskoop Kultuurfees ontvang en uitsonderlike prestasies is behaal.

Ons Skoollied se tweede vers verwys na wat 2018 was en verwoord ons wens vir 2019:
Hoog teen die Magaliesberg se bors
Ontspruit bo aard se ruwe kors
Pryk soos die skone rante kroon
Die Hoërskool van Wonderboom
En of ons werk en of ons speel
Gehoorsaam aan ons lewensreël
Staan hoog die leuse voor ons gees
Te GROEI en DIEN – mag dit so wees!!