Die leerders van Die Hoërskool Wonderboom het die geleentheid om jaarliks aan verskeie redenaarskompetisies deel te neem:

1. Die Artisticulta Redenaarskompetisie
2. Die ATKV Redenaarskompetisie
3. Die Wonnie Kaleidoskoop interne redenaarskompetisie
4. Die Radikale Redenaarsfees
5. Die Kansvatter-kompetisie
6. Die Afrikaanse Kunsvereniging van Pretoria se redenaarskompetisie
7. Die Op die tong Redenaarskompetisie

Die leerders vaar baie goed op hierdie kultuurgebied en die interne kompetisie is van hoogstaande gehalte.

Die ATKV- kompetisie is ‘n formele kompetisie en leerders word eers uitgedun en daarna gekies om aan die finale rondte deel te neem.

Die Wonnie Kaleidoskoop is ‘n interne redenaarskompetisie wat deur eksterne beoordelaars beoordeel word. Hierdie kompetisie dien as uitdunrondte vir die ATKV formele kompetisie wat dan die volgende jaar gehou word.

Die Radikale Redenaarsfees is ’n onafhanklike, informele kompetisies waaraan enige leerder kan deelneem, ongeag vorige ondervinding of deelname.

Die doel van die Radikale Redenaars, Kansvatter-kompetisie, Artisticulta en Op die tong is om jong, opkomende redenaars die geleentheid te gee om blootstelling en selfvertroue te kry, sodat daar later aan meer formele kompetisies deelgeneem kan word. Leerders word dus baie sterk aangemoedig om aan hierdie kompetisie deel te neem.