Missie

Die Hoërskool Wonderboom deel die volgende rugby-missie: Om elke leerling die geleentheid te bied om hul volle potensiaal te bereik in die rugbyspan waarin hulle deelneem en dat elke span na die beste van hulle vermoë sal presteer.

Visie

Om rugbyspelers te ontwikkel wat op die hoogste vlakke deur effektiewe en bekwame sportadministrasie en professionele afrigting kan deelneem.

Afrigters

Die Hoërskool Wonderboom spog met hoë gehalte rugby-afrigters. Die afrigters gaan jaarliks op kursusse om op datum te bly met die nuutste metodes en afrigtingstyle. Al die afrigters moet ten minste ʼn vlak 1 afrigtingkursus voltooi asook die Boksmart-kursus.

Ontmoet ons Afrigtingspan vir 2021:

Meer inligting sal bekend gemaak word sodra rugby in totaliteit mag hervat na die inperking van 2021.

Ontmoet ons Spanbestuurders vir 2021:

Meer inligting sal bekend gemaak word sodra rugby in totaliteit mag hervat na die inperking van 2021.

Springbokke prestasies

Die Hoërskool Wonderboom spog met 5 Springbokke wat deur die jare ook die Tier-trui gedra het. Mnr Braam van Straten, Mnr Charl McCleod, Mnr Avril Malan, Mnr Piet Du Plessis en Mnr Hannes Botha.

Bepalings 2021

Meer inligting sal bekend gemaak word sodra rugby in totaliteit mag hervat na die inperking van 2021.

Skepskop - Tydksrif

Beleef die geskiedenis van die Tier en meer oor Die Hoërskool Wonderboom se ryk rugby-geskiedenis in die Tydskrif SkepSkop.

Volg die skakel hier: https://www.yumpu.com/xx/document/view/63337590/skepskop-1-n-rugbyskool-produk