Visie:

Om elke dogter die geleentheid te bied om hul volle potensiaal te bereik. Ons streef ook daarna om dogters te leer om positief te wees en ‘n voorbeeld te stel op, en vanaf die sportveld.

Liga:

Die sagtebal is jaarliks vir ons dogters ‘n hoogtepunt. Ons seisoen by die skool begin met die deelname aan ‘n sagtebaldag waar ons teen vele ander skole kompiteer. Ons skryf elke jaar ‘n A- en ‘n B-span by elke ouderdomsgroep in, 0/14, 0/15, 0/16 en 0/19 vir die liga, dus kan elke dogter kans kry om deel te neem aan sagtebal. Die ligawedstryde vir A- en B-spanne verskil in terme van die skole teen wie daar gespeel word en die dae wat spanne speel.

Personeel betrokke:

Afrigters:
Me M Shrives
Me J Hartzenberg
Me K van den Burgh