"Die raaisel van die skaakspel Met die uurglas wat die tyd tel Die koning stuur kastele Die perde kry bevele En die koningin baklei" |
- Theuns Jordaan |
Skaakoefeninge en –afrigting begin Maandag 2 Maart vanaf 14:15 tot 16:00.
Hierdie skaaksessies vind, behalwe vooraf anders gereël, elke Maandag en Woensdag plaas.
Die skaakbedrywighede vind in O56A plaas. Dit is hierdie jaar onder die bekwame afrigting en leiding van mnr. Jan-Michael Richter. Hy neem al van jongs af aan provinsiale, nasionale en internasionale skaaktoernooie deel en het al as verteenwoordiger van Suid-Afrika aan toernooie in Indië deelgeneem.