Die Hoërskool Wonderboom se Tegniese span bestaan uit n totaal van 8 leerders wat oor die tegnologiese vaardighede beskik om van elke funksie ‘n reuse sukses te maak, insluitend; sportbyeenkomste, kultuurfunksies en die skool se weeklikse saalopeninge.

Oor die laaste 5 jaar het ons elke jaar n Matriekleerder gehad wat na skool by 'n klankinstansies gaan werk het en funksies soos Ini bos, Noot vir Noot, KKNK en die klank van groot sangers se vertonings hanteer het.