Wonnie Idols 2019 het reeds in die derde kwartaal van 2018 met eerste en tweede rondte oudisies begin. Die beste 14 leerders is gekies om in die Gala-aand deel te neem. Hulle het in die Desember-vakansie hard geoefen en ons sien saam met hulle na die skouspelagtige aand uit. Ons het hierdie jaar drie buite-beoordeelaars:

  • Lindie Rossouw (Sangeres en eienares van Lindie’s Studio Sangskool)
  • Greunen Parker (Oud-Wonnie en the Voice-finalis)
  • Marie Buitenbach (Laerskool Magalieskruin koorafrigter)

Baie geluk aan die volgende finaliste:

  • Inus Venter
  • Leanne Grobler
  • Lisa Worst
  • Tia van den Berg
  • Vasti van den Berg
  • Kayla Krűger
  • Lené Henning
  • Rowan Warnick
  • Xander de Kock
  • Basi Mabusela
  • Carolyn de Kock
  • Brendon Kruger
  • Hesti Odendaal
  • Zander Fourie

Die Wonnie Idols Gala-aand vind 8 Maart 2019, 18:00 in die Wonderboom-saal plaas.

Kaartjies is teen R30 per person in F10 by Me. N Van Heerden te koop.