Hoog teen Magaliesberg se bors –
Ontspruit bo aard se ruwe kors –
Pryk soos ‘n skone rantekroon
Die Hoërskool van Wonderboom
Deur werksaamheid – let op en sien!
Het in die jare hy gedien,
Deur op te bou en vas te boei
Aan God en volk, die jeug wat bloei
En of ons werk en of ons speel –
Gehoorsaam aan ons lewensreël
Staan hoog die leuse voor ons gees:
Te Groei en Dien: Mag dit so wees!
Refrein:
Soos Reuse-Boom uit Wondersaad
Steeds wil dit groei deur dienstig daad;
En bonkig teen die luglyn blou,
Oor Krugerskroos die hoede hou.
J.A. van der Walt