Wonderlig Groepprogram

Die program is bedoel vir enige persoon wat innerlik wil groei en wil leer hoe om meer sinvol te lewe en gelukkig te wees.  Deelnemers geniet die groepdinamika en deel in die lief en leed van die lewe.  Tydens sessies sit almal in `n sirkel en kuier net heerlik saam oor verskillende interessante en lewensverrykende onderwerpe.  En ja, daar is altyd koffie, koekies en beskuit.

VISIE VAN DIE PROGRAM

Om emosionele intelligensie onder tieners te verhoog, lewens te verryk en hoop te gee vir die toekoms, ten spyte van ENIGE omstandighede.  Dit moet hulle ingesteldheid teenoor die lewe positief beïnvloed, sodat hulle beter keuses kan maak en hulle bemagtig vir `n beter en gelukkiger toekoms.

BETEKENIS VAN DIE EMBLEEM

Die skoenlapper is `n simbool van lewe en transformasie.  Die oënskynlike nuttelose en kleurlose papie is in `n kokon, totdat hy deur die kokon breek en die lig sien.  Dan ontstaan die wonder van die allermooiste vlinder wat vry kan rondvlieg. 

TYDSDUUR VAN DIE PROGRAM

Nege weke met net een sessie per week. Leerders kan kies tussen `n oggend- of middagsessie, maar verkieslik net 20 deelnemers per groep.

SESSIESVERSTERKINGS-AKTIWITEITE
1.  Wonder van menswees:  Elke mens is uniek. Tel jou seëninge
2.   Wonder van liefde:  Hoe kyk God na ons.Brief van waardering
3.   Wonder van die brein en denke:  Hoe om meer positief te dink.Positiewe bevestigings
4.   Wonder van verantwoordelikheid:  Nie valse verantwoordelikheid nie   “Mindfulness”                
5.  Wonder van geloof en vertroue:  Geloof en vertroue in jou Skepper.Bes moontlike self
6.   Wonder van vergifnis:  As alles binne-in jou wil vasklou aan die pyn?Brief van vergifnis
7.   Wonder van gesindheid:   Dit is `n funksie van ons denke.   Vriendelike dade
8.   Wonder van keuses:  Een van die menslike vryhede is keuses.        Getuienisbrief
Wonderlig Feesviering:  Deelnemersertifikate en balkies word oorhandig en verversing geniet.