GEE OM VIR WIE JY WIL WEES

GRAAD 8 VAN 2026

rAAK BETROKKE BY DIE WONNIES

WONDER-UITRUSTER Klerewinkel

PASDAG: VOORNEMENDE GRAAD 8-LEERDERS VAN 2026

Die Hoërskool Wonderboom nooi alle voornemende graad 8-leerders van 2026 hartlik uit om ons Pasdag by te woon!

🗓️ Datum: Saterdag, 25 Oktober 2025
🕙 Tyd: 10:00 – 14:00
📍 Plek: Wonder-Uitruster Klerewinkel, Die Hoërskool Wonderboom

Die Pasdag is ’n wonderlike geleentheid om die skoolklere aan te pas en die regte groottes vas te stel. Dit help ons ook om betyds die korrekte aantal klere te bestel vir die nuwe jaar.

Leerders pas die klere bo-oor hulle gewone klere aan. Die groottes word op ’n vorm aangedui en by die klerewinkel ingehandig.

Daar sal heerlike worsrolle te koop wees – kom geniet die dag saam met ons en ervaar die ware Wonnies-gees! 

Bywoning van die Pasdag is nie verpligtend nie, maar dit help ons met die logistieke beplanning. Wanneer u later die klere kom aankoop, het ons reeds die korrekte groottes op rekord sonder dat dit weer gepas hoef te word.

Ouers wat nie die dag kan bywoon nie, kan steeds later kom om klere aan te koop – ons help graag!

Ons sien daarna uit om julle op 25 Oktober 2025 te verwelkom.

Navrae:
wonderuitrusters@wonnies.co.za

“Kom berei jou voor vir jou eerste tree as ’n ware Wonnie!”

SPORT

sport inligting en WHATSAPP groepe

Klik op die groen knoppie om deel te word van die onderskeie sporte se WhatsApp groepie.

WONNIEHOKKIE: GUPPIES

Die Hoërskool Wonderboom Guppies – begin jou hokkie-avontuur hier!

Ons nooi dogters O/13 uit om deel te wees van ons junior hokkieprogram. Kom ontwikkel jou vaardighede, beleef die spanwerksgees en ervaar professionele afrigting met passie en energie!

Oefendae & oefentye:
Oktober 2025
Dinsdae en Donderdae: 14:30 – 16:15 Gim dan Astro

Plek: Die Hoërskool Wonderboom

Navrae:

Me. E. van Niekerk

hokkie@wonnies.co.za

“Droom groot, speel hard, en laat jou passie jou lei!”

WONNIENETBAL

Fireflies 2026 – Jou storie begin hier!

Ons nooi al die voornemende Gr. 8-dogters van 2026 uit om deel te wees van ons netbal-oefeninge en die Wonnies-gees te ervaar.

Verder tye en datums sal op die WhatsApp-groep gegee word.

Dogters kan kom oefen in gemaklike oefenklere en tekkies.

Oefendae & oefentye:

21 & 23 Oktober: 14:30 – 16:00

Navrae:
Me. J. Brink
netbal@wonnies.co.za

“Saam speel, saam groei, saam wen – dit is wat Wonnies beteken!”

WONNIERUGBY

Cubs 2026 – Jou storie begin hier!

Ons nooi al die voornemende Gr. 8-seuns van 2026 uit om deel te wees van ons rugby-oefeninge en die Wonnies-gees te ervaar.

Oefendae & oefentye:

  • 18 Oktober & 8 November: 08:00 – 11:30

  • 18, 20, 25 & 27 November: 15:45 – 17:30

Seuns kan kom oefen in tokse of tekkies.

Navrae:
Mnr E. Jordaan
atletiek@wonnies.co.za

“Great players are made when preparation meets opportunity.” 

WONNIELANDLOOP 

Voel die ritme van jou pas en kom hardloop saam met ons!
Ons nooi alle voornemende Graad 8-seuns en -dogters van 2026 uit om deel te word van ons Wonnies-hardloopgemeenskap, waar niemand ooit agtergelaat word nie.

Kom galop saam, maak nuwe vriende en bou solank spoed op vir jou hoërskoolloopbaan!

Oefendae & oefentye:
Maandae – Donderdae: 14:30 – 15:30
Saterdae: per geleentheid

Navrae:
Me. J. Jacobs
jacobs.jm@wonnies.co.za

“Elke tree bring jou nader aan jou doel – hardloop met hart en vasberadenheid!”