‘n Gesonde leefstyl kweek ‘n gesonde gees. Dit is belangrik vir Wonnie-leerders om deel te neem aan sport vir die fisieke voordele asook die spangees en ondersteuning wat spansport bied.
Kopiereg © 2023 Die Hoërskool Wonderboom
Die doelwit van atletiek by die Hoërskool Wonderboom is die strewe na uitnemendheid.
Ons beskik oor passievolle afrigters en spanbestuurders wat een doel voor die oë het: Om elke Wonnie-atleet maksimaal te ontwikkel, sodat hul potensiaal werklik na vore tree (of spring)!
Individuele kondisionering vind ook plaas: Hierdie item-spesifieke kondisionering vind plaas onder die leiding van die gimnasiumpersoneel.
Oefeninge vind op ‘n daaglikse basis plaas. Daar word spesialis-oefentyd gereël gedurende skooltyd om leerders die kans te gee om behoorlik te kan fokus. Geen atleet wat dus vervoeruitdagings of enige ander derglike probleme het, word uitgesluit tydens die atletiekseisoen nie.
Jaarliks word deelgeneem aan ses volledige byeenkomste, ‘n aflosbyeenkoms en ‘n Top 10 byeenkoms om te verseker elke atleet kry die optimale geleentheid vir deelname.
Verskeie van ons atlete word ook jaarlikse gekies vir die kluster- en distrik-atletiekspanspan.
Ten slotte spog ons met ons prag atletiekfasiliteite: Die skool se atletiekbaan beskik 9 lane asook 2 sektore vir elke veld-item: Elke atleet se droom…
Gholf by die Hoërskool Wonderboom is ‘n baie populêre sport. Ons speel reg deur die 3e kwartaal gholf. Spanne word in die skole liga ingeskryf en ons neem deel teen verskeie skole in Pretoria. Ons gaan ook op ‘n gholftoer elke jaar. Gholf is ‘n sport wat ons kinders dissipline leer en help om onder druk te funksioneer. ‘n Deel van die ontwikkeling van ons gholfleerders word deur bekwame en professionele afrigting bepaal op ‘n weeklikse basis.
Die Hoërskool Wonderboom se hokkie gaan van krag-tot-krag.
Ons nuwe multi-funksionele astro oppervlak word ten volle benut deur ons hokkie meisies. Dit gee ons die geleentheid om te werk aan ons vaardighede op astro-oppervlak. Ons oefen ook op ons skoolveld waar ons aan wedstryd uitleg kan aandag gee.
Ons seisoen begin reeds elke 4de kwartaal waar meisies geleentheid het om by voorseisoen oefening aan te sluit asook gebruik te maak van ons skool gimnasium. In die 4de kwartaal hou ons ook gereeld hokkie klinieke vir ons voormalige Gr8 leerders van die omliggende laerskole.
Verder word jaarlikse toernooie of oefenkampe aangepak, waar nie net tegnieke verbeter word nie, maar spangees asook positiewe verhoudings gebou word.
Die Wonnie-hokkie groei elke dag en tesame met die positiewe, toegewyde groep afrigters en spanbestuurders sien ons jaarliks uit na nuwe uitdagings. Dit is vir ons ‘n visie en misie om elke Wonnie-hokkiespeelster tot haar volle potensiaal te ontwikkel.
Jukskei
is ‘n sport wat enige Wonnie die geleentheid bied om by ‘n aktiwiteit van die
skool betrokke te raak, die skool te verteenwoordig en so ‘n positiewe bydrae
tot Wonnie-land te lewer. Jukskei is ‘n klein sport en dit bied
die ideale geleentheid om hegte vriendskapsbande met mede Wonnie –
jukskeispelers te smee en op ‘n baie ontspanne manier teen jou opponente mee te
ding.
Die
sport het sedert 2018 van drie spanne na agt spanne in 2019 gegroei. Ongelukkig
was daar geen jukskei gedurende die COVID- tydperk (2020-2021) gespeel nie. In
2022 is alle sport weer hervat en het daar weer vier jukskei spanne vir die
liga ingeskryf.
Die
O/16 dogters het tweede in die liga geëindig, die O/19 dogters derde en die
O/19 gemengde span het tweede geëindig.
Ses spelers is gekies om Gauteng-Noord by die SA –kampioenskappe te gaan
verteenwoordig wat gedurende Desember 2022 in Kroonstad plaasgevind het. Esrie
Venter se O/16 span het hul afdeling gewen. Esrie is ook as O/16 SA-speler
gekies wat gedurende 2023 in Windhoek
gaan toer het. Jonathan Rossouw en Arno Olivier se span het derde in die
akademie seunsafdeling gekom. Jonathan is vir die SA Akademieuitnodigingspan gekies.
Die
dogters O/16 het derde in 2023 in die liga geëindig. In 2023 het elf spelers
aan die SA’s gaan deelneem.
Esrie
Venter het haar Protea Kleure verwerf en Marlo van den Berg is verkies tot die
Akademie Uitnodigingspan
Jukskei
–liga het gedurende Augustus – September plaasgevind.
Liga datums vir 2024 is nog nie beskikbaar nie.
Jukskei-interhuis vind in die tweede kwartaal plaas. Die liga begin in die
derde kwartaal. Die oefeninge vind Ma-Do na skool by die skool se jukskeibane
(agter die Olienkroongebou teen die berg) plaas van 14:00 – 16:00. Die
liga-wedstryde is op Saterdae van 7:00 – 14:00 by die jukskei-bane op die hoek
van 18de Laan en Swemmerstraat in Rietfontein plaas. Leerders moet met eie
vervoer by die bane in 18de Laan afgelaai en weer na die tyd opgelaai word. Vir
navrae kontak me. R Steyn by steyn.r@wonnies.co.za
Die doelwit by die Hoërskool Wonderboom is dat Wonnie-krieket elke speler en speelster se nommer een keuse in die gemeenskap sal wees.
Tein einde dié doelwit te bereik, bertrek ons passievolle afrigters by elke span. Ons afrigters beskik oor ‘n wye basis van kennis, wat gedurende die seisoen gedeel word met ons krieketspelers.
Ons krieketspelers maak ook tydens die seisoen gebruik van die skool se gimnasium vir optimale kondisionering. Hier word ‘n streng program rakende krag, spoed, soepelheid ens. gevolg.
Gedurende die winstersport-seisoen begin ons die voorseisoen-akademie, wat fokus op kriekspelers wat nie wintersport doen nie. Die spelers kry die geleentheid om gim-, klas- en netsessies by te woon ter voorbereiding vir die seisoen.
Oefeninge vind op ‘n daaglikse basis plaas. Wedstryde word oor die hele week, van Maandae tot Saterdae, gespeel.
Jaarliks neem ons aan 3 liga kompetisies deel. Daar vind ook ‘n jaarlikse kriekettoet plaas, waar ons teen skole van regoor Pretoria en selfs ander provinsies speel. Verskeie spelers word ook gekies tot die distrikspan.
Krieket is ook nie net vir die here nie. Ons skryf jaarliks twee dames krieketspanne in die liga in. Hierdie entoesiasme word ondersteun deur die fasiliteite: Nege krieketnette, een krieketveld asook twee boulmasjien vir oefeninge.
Trotse Wonnie-Netbalspeelsters onthou altyd dat hul Die Hoërskool Wonderboom
verteenwoordig, op die baan en van die baan af. Juis daarom onderhou ons die
Wonnie-Netbalwaardes en hou ons altyd ons skool se naam hoog met ons houding en
optrede.
INTEGRITEIT: Wonnie-netbalspeelsters is betroubaar. RESPEK:
Wonnie-netbalspeelsters respekteer hul skool, medespeelsters, skeidsregters en
afrigters.
VERANTWOORDELIKHEID: Wonnie-speelsters tree verantwoordelik op,
daarom werk hul hard, woon elke oefening by en wys selfdissipline.
DIENSBAARHEID: Wonnie-speelsters besef netbal is ‘n spansport – hul is dus in
diens van die span, nie hulself nie.
ERKENNING: Wonnie-speelsters gee erkenning
vir harde werk, selfs al is dit vir hul teenstanders. Die Wonnies Netbal
bestaan uit 4 X 0/14 spanne, 4 X 0/15 spanne, 3 X 0/16 spanne, ‘n 0/17 A-span
en 2 X 0/19 spanne. Elke ouderdom het hul eie identiteit (naam en “logo”), wat
almal uniek maak. By die netbal gaan dit vir die afrigters daaroor om die
speelster in totaliteit te ontwikkel, sodat hulle as ‘n span sukses kan behaal.
Verder word daar beslis ook gefokus op die unieke en positiewe vaardighede wat
elke speelster in haar spesifieke posisie tot die span bydrae. Die afrigters is
ervare afrigters, wat self op provinsiale- en nasionale vlak gespeel en afgerig
het. Die Hoërskool Wonderboom se fasiliteite word gedurig verbeter en tans is
die beplanning om ‘n nuwe netbal-pawiljoen te bou, sowel as die
oefenfasiliteite te verbeter en uit te brei.
Rugby het vanaf die bestaan van Die Hoërskool Wonderboom in 1949 ‘n prominente rol daarin gespeel dat die skool deurlopend ‘n toonaangewende rigting – nie net in Pretoria nie – maar ook in groot dele van Suid-Afrika voor bekend is. Vele Wonnies se karakter spreek boekdele deur die positiewe prosesse wat deur rugby gevolg is hier by die Hoërskool Wonderboom. Die Wonnies wat harde werk bo alles gestel het, het daartoe gelei dat sommige Wonnies as gevolg van rugby ‘n blink toekoms vir hulle kon bewerkstellig, onder andere; Ruan Nortje die hardwerkende slot, van die Blou Bulle en is hy is tans as ons nuutste Springbok in 2022 aangekondig. Nog ‘n voorbeeld is Braam van Straaten wat vir die Blou Bulle, Westelike Provinsie en 21 amptelike wedstryde vir die Springbokke uitgedraf het. Die Wonnies spog in totaal met ses Springbokke.
Rugby by die Hoërskool Wonderboom gaan nie oor die konsep van wen nie, maar oor die ontwikkeling van hoe om te wen. Dit beklemtoon die Missie wat ons afrigters het vir die leerders “Om elke leerling die geleentheid te bied om hul volle potensiaal te bereik in die rugbyspan waarin hulle deelneem en dat elke span na die beste van hulle vermoë sal presteer”.
Wonnie rugby is trots op prestasie en erken uitnemendheid. Wen ten alle koste word egter nie geduld nie. Die rugbyveld is vir elke onderwyser van ons skool ‘n baie besondere opvoedingsterrein. Puik sportmangees, netjiese en korrekte kleredrag is deel van die goeie dissipline wat van elke sportman vereis word. Rugby is nie net ‘n sport by die Hoërskool Wonderboom nie, maar ‘n vyf jaar plan van karakterontwikkeling en uitnemendheid.
Wedstryde en Toernooie.
Die Hoërskool Wonderboom se rugbyspanne neem van Februarie – September deel aan Rugby. Die 1e rugbyspan speel 18-22 wedstryde per jaar waar ons ander spanne tussen 16-20 speel. Ons rugbyspanne strek van A tot C spanne by die O/14, O/15 en O/16 spanne. Ons het drie tot vier oopspanne beskikbaar.
Sagtebal by die Hoërskool Wonderboom is beslis ‘n groeiende sport. Die doelwit is om jaarliks twee spanne per per ouderdom in die liga in te skryf. Sodoende word genoegsame diepte ontwikkel ten einde voort te bou op die vorige jare se suksesvolle seisoene.
Personeel betrokke by die Sagtebal is almal passievolle, gekwalifiseerde sagtebal-afrigters. Van dié afrigters neem self nog self op klub- en op provinsiale vlak deel as afrigters en daar is van hulle wat nog self speel en die kolf fluks kan swaai.
‘n Vakansiekursus word ook by die skool aangebied, wat deur provinsiale- en internasionale afrigters hanteer word.
Sagtebal is ‘n unieke sport, wat baie geleenthede vir ons speelsters bied om hulle talent uit te leef. Die Eerste Sagtebalspan staan nie verniet bekend as die Jaguars nie! Ten slotte is die doelwit ook om aan elke span ‘n eie, unieke identiteit te gee ten einde te wys alle spanne en speelsters is belangrik en almal het ‘n plek in die sport.
Kom ontmoet die kruislyn van ontwerp en kodering. Robotika is nog baie nuut in Wonnie land maar groei jaar op jaar. Robotika vind tydens die tweede en derde kwartaal plaas en ons neem jaarliks deel aan die nationale BBC kompetisie deel waar leerders se projek mee deel teen skole reg oor Suid Afrika.
Skaak is een van die sogenaamde kleiner sportsoorte wat by die skool aangebied word. Dit is ‘n aktiwiteit wat aan die einde van die eerste kwartaal begin. Die wedstryde en kompetisies vind meestal in die tweede kwartaal plaas, terwyl die Distrik-kompetisie in Augustus plaasvind. Die voordeel van skaak as aktiwiteit is dat die leerders as deel van die skoolskaakspan kan deelneem aan wedstryde, maar ook individueel kan deelneem aan kompetisies. Die skool het ‘n baie goeie buite-afrigter aangestel wat ons glo die standaard van die spel sal bevorder. Ons oefen Dinsdae en Donderdae na skool van 14:15 tot 16:00, en alle leerders wat skaak kan speel is baie welkom. Waarom bied ons skaak aan by die skool? Talle wetenskaplike studies het bewys dat skaak kinders se intelligensie ontwikkel. Dit help kinders om analitiese vaardighede te ontwikkel en probleme op te los. Dit verbeter ‘n kind se vermoë om langer aandag te gee en te onthou wat hulle gesien en gehoor het. Skaak leer en verbeter ook kinders se sosiale vaardighede. Jou kind leer om elke wen en verloor te hanteer. Deur skaak te speel, leer kinder sook sekere lewensvaardighede aan. Hulle leer om hul eie impulsiewe gedrag te beheer want hulle sien dat vinnige besluite kan lei tot foute. Skaak leer jou omtrent die belangrikheid van spanwerk en dat dit soms nodig is om iets op te offer voordat jy iets beter kan kry. Ons daag alle leerders wat skaak kan speel, om hulle vernuf te kom toets by die skaak-oefeninge, en deel te word van die Wonnie-skaakspan!
Swem is ‘n individuele- of
spansport wat die gebruik van ‘n mens se hele liggaam vereis om deur die water
te beweeg. Individuele slae sluit in vlinderslag, rugslag, borsslag, vryslag en
die individuele medley. Benewens hierdie individuele geleenthede, kan vier swemmers
aan ‘n vryslag of medley-aflos deelneem.
Swem is groot pret, ‘n goeie
manier om fiks en gesond te bly, asook vriende te maak.
Swem is ‘n aktiwiteit wat jy vir
die res van jou lewe kan voortsit. Dit is ‘n lae-impak aktiwiteit, wat baie
fisiese en geestesgesondheidsvoordele inhou.
Om te begin swem, is maklik. Dit
is ‘n sport vir alle ouderdomsgroepe, vaardigheids- en fiksheidsvlakke.
Wonnie-swemmers benodig slegs ‘n paar swart swemklere, ‘n skoolswemkappie en ‘n
swembril. Die swemmers oefen by die Tjaart van Vuuren (50m) swembad. Die
Wonnie-swemmers word vervoer na dié swembad – Die skool dra alle vervoer en
toegangskostes. Verder word die Wonnie-swemspan afgerig deur ‘n ervare afrigter
– Candice Lennox.
Die swemseisoen strek vanaf
Januarie tot einde Maart, waar die galas op Donderdae plaasvind. Voorbereidings
vir die volgende seisoen geskiet vanaf September tot Desember.
As ‘n ekstra lekkerte neem van
die leerders aan die jaarlikse Midmar-Myl te Howick deel. Leerders kry die
geleentheid om 1.6 km in die dam te voltooi. Na afloop van die myl, word die
leeders getrakteer met ‘n see-uitstappie. Besoek word afgelê aan Umlanga
Gateway winkelsentrum, die klein kerkie op die Van Reenen Pas en Thanda Tau
leeupark. Kom Wonnie- Swem man swem!
Tennis
by Die Hoërskool Wonderboom gaan nie net oor die sport selfnie, maar die
ontwikkeling van elke individuele speler en die span. Die fokus is uiteindelik
op die verhoudings wat daaruit gebou word, vriendskappe wat gevorm word en die
sportmangees tussen spelersen opponente. Spanne van vier leerders neem deel
tydens die Gauteng-Noord tennisliga, waar hulle teen ander skole kompeteer. Ons
EersteDogterspan, die Goldcrests, speel hierdie jaar in die B3 liga en het
reeds twee keer hul opponente los hande verslaan. Ons skool het pragtige
tennisbane, wat onlangs oorgedoen is. Die bane word gebruik vir oefeninge en
wedstryde. Die leerders se opgewondenheid om deel te neem, kan soms die bane so
bietjie oorneem, veral tydens die inoefening van hul hand-oog-koördinasie met
interessante tennisspeletjies soos “tronk”. Geen Wonnie-tennisspeler word egter
vir ewig vasgevang in die “tronk” nie, want daar is kishoue wat wag om geslaan
te word.
Tafeltennis is een van Die Hoërskool Wonderboom se mees gevestigde klein sportsoorte. Tafeltennis vind plaas tydens die eerste en tweede kwartaal. Dit trek atlete vanaf e-sport regdeur tot rugby- en netbalspelers. Ons neem jaarliks deel in die skole-liga en stamp koppe met skole soos Waterkloof, Boys High en Affies. Tafeltennis is ‘n sport wat baie fokus op selfdissipline, geestelike fiksheid en veral fisiese fiksheid. Die verdere ontwikkeling van ons leerders word weekliks geoefen en behels ook n “boot-camp” tydens die eerste vakansie van elke jaar. Ons glo dat mens konstant in oefening moet bly en handhaaf dus ‘n effense afgeskaalde oefenprogram tydens die derde en vierde kwartaal.