*Dié vakke kan slegs geneem word tesame met Wiskunde.
#Dié vak kan slegs geneem word tesame met Fisiese Wetenskappe, Wiskunde en IGO.
‘n Keusevak word slegs aangebied indien voldoende aantal leerders die vak neem.
Die breë vakkeuses word ondersteun deur uitstekende infrastruktuur:
- ‘n Volledige Mediasentrum, waar leerders gratis navorsing kan doen.
- Laboratoria vir die Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe.
- Drie rekenaarsentra vir die aanbied van RTT en IT.
- Twee Gasvryheidlokale, sowel as ‘n restaurant, waar heerlike aansitetes bedien word.
- ‘n Volledige Musieksentrum, waar alle instrumente hanteer kan word, sowel as ‘n naskoolse praktiese musiek-ondersteuningspan.
- Die Wonder-bo-wonder-teater vir die dramatiese mense!
- ‘n Volledig-ingerigte danssaal vir Dansstudies.
- Volledig-ingerigte sentra vir die aanbied van Siviele Tegnologie en IGO.
Die Hoërskool Wonderboom spog jaarliks met prag-matriekuitslae! Telkens ontvang ons ook sertifikate vanaf die departement, waar ons vakke as die beste in die distrik aangekondig word. Die skool lewer ook jaarliks matrikulante met 7- en 8-onderskeidings op. Dit kan net geskied omdat daar gekwalifiseerde, toegewyde personeel in elke vak beskikbaar is.
Die personeel dien ook op verskillende komitees, waar hul insae lewer as Distriksmoderators, NSC-merkers, Senior Merkers en selfs Provinsiale Moderators.
Onthou – dit is by dié skool waar jy 5 jaar van jou lewe gaan ervaar – maak dit die beste ervaring ooit.