Inskrywings

GRAAD 8 AANLYNINSKRYWINGS VIR 2024

WAAR:                    gdeadmissions.gov.za
WANNEER:          15 Junie 2023—21 Julie 2023
DOKUMENTE:     (Opgelaai op die aanlynstelsel of ingegee by die skool)

1. ID-dokument van die ouer.
2. Suid-Afrikaanse geboortesertifikaat van die leerder.
3. Bewys van woonadres in die ouer se naam
(Indien u aansoek doen op grond van u woonadres).
4. Bewys van werksadres van die ouer
(Indien u aansoek doen op grond van u werksadres).
5. Laaste rapport van die leerder

Bogenoemde dokumente moet binne SEWE DAE nadat aansoek gedoen is, ingegee word by die skool of op die aanlynstelsel gelaai word.
Voltooi ook asseblief die Leerder Inligtingsvorm en stuur na die skool. Navrae: Me. Schneeberger (aansoek@wonnies.co.za)

GRAAD 8 WONNIES VAN 2024!

Dit is tyd… tyd om in te skryf, want in 2024 word jy ‘n Wonnie!

Jóú Hoërskool-reis begin hier… Jóú toekoms wag!

AANGAANDE

 
Die Hoërskool Wonderboom ProspektusLaai Af
Leerder InligtingsvormLaai Af

Graad 8-aansoeke word weer deur die Departementele stelsel hanteer. Hou gerus die spasie dop vir meer inligting.

WAAROM 'N WONNIE WORD?

In die skadu van die Wonderboom

Aan die Magaliesberg se soom

Gekap uit klip en rots

Pryk DIE HOËRSKOOL WONDERBOOM trots

‘n Baken waar gemeenskappe sien

Hier leef ons die leuse “Groei en Dien”.

 

Wonnie-leerders leer ‘n gesonde balans vir hul leefstyl. Akademie, sport, kultuur, en PRET in die regte kombinasie verseker dat mense alle aspekte ontwikkel en dikwels talente ontdek wat hulle nooit besef het, hulle oor beskik nie.

Die Hoogste Boom Wonnie is ‘n leerder wat presteer in akademie, kultuur en betrokke is by meer as een sport. Hy/sy het die beste Diens vir haar skool gelewer.

Betrokkenheid by aktiwiteite lei tot ontwikkeling van goeie vaardighede soos tydsbestuur, prioritisering, leierskapontwikkeling en ingeligte besluitneming – alles vaardighede wat in jou volwasse lewe handig te pas gaan kom.

 

  • Ontdekking van talente, uitreik na ander, dienslewering, ens.
  • Ons wye verskeidenheid vakke waaruit leerders kan kies en sluit in, skaars vakke soos Dans, Visuele kunste, Dramatiese kunste, Ontwerp en Musiek.
  • 16 Sportsoorte in totaal, waarvan sommige soos Jukskei uniek is.
  • Kultuur: 5 verskillende Redenaarsplatvorms, Koor, ander Kultuurorganisasies soos AKV-deelnames, drama-produksies, solo’s en nog vele meer.
  • Ondersteuningsdienste: Verwys na die Tienersteungroep en ʼn Wonderligmodel, Jeugwerker en Berader.

Ons huis-sisteem waar daar op ALLE terreine van akademie tot sport, kultuur, skoolbesoek ensovoorts meegeding word verseker dat daar vir elke kind ‘n geleentheid is om homself/haarself te ontwikkel en ‘n plekkie te vind. Hierdie tradisies spruit uit die 1996 Lourieraand se Openingseremonie vir die eerste keer gebruik en al hierdie hedendaagse “instap/”uitstap” / “afstap”/ “opstap” is gebore uit daardie seremonie.