RESTAURANT

Die Hoërskool Wonderboom bied vir ons Wonnies ‘n unieke en opwindende geleentheid om hul vaardighede in die Gasvryheidstudie-klaskamer te ontwikkel.  Hier kry leerders praktiese ervaring en voorbereiding wat hulle perfek toerus vir ‘n loopbaan in die restaurant- en gasvryheidsbedryf.

Ons eie “restaurant” binne die skool is die perfekte voorbeeld waar talent en passie saamvloei. Leerders leer nie net hoe om heerlike disse voor te berei nie, maar ook hoe om wêreldklas kliëntediens te bied. Of dit nou die kunstige uitleg van ‘n bord kos is of die warm glimlag waarmee ‘n klant verwelkom word, hier ontwikkel hulle die vaardighede wat in ‘n professionele restaurant-omgewing vereis word.

Ons is trots op ons toekomstige sjefs, spyseniers en gasvryheidsbestuurders. Kom geniet die gasvryheid en ondersteun ons leerders terwyl hulle hul talente slyp.

Die restaurant van Die Hoërskool Wonderboom funksioneer op ‘n hoë vlak en bied gereeld ontbyte, oggend-tee en restaurant-middae aan. Sodoende word leerlinge wat die vak Gasvryheidstudies neem, die geleentheid gebied om hul kulinêre talente uit te leef.