Die huiskompetisies het in 2019 met 4 huise ontstaan. Elke leerder en personeellid word ingedeel in ‘n huis waarin alle kompetisies (sport, kultuur en akademie) plaasvind.
Die vier huise is die Knights, Spartane, Vikings en Samurai.
Die doel van die huise was om meer leerders by skoolaktiwiteite betrokke te kry. Dit het gelei tot groot hoeveelhede leerders wat weer betrokke geraak het en deelname aan al die jaarlikse ligas en kompetisies het met rasse skrede verbeter. A.g.v. die deelname, het die skool ‘n nuwe gees ontwikkel en neem daar meer leerders deel as ooit tevore.
Tans is daar 22 aktiwiteite wat in die jaar plaasvind. Elke aktiwiteit het ‘n puntetoekenning en punte word deur die jaar bymekaar gemaak om die huiswenners dan te kan bepaal.
Elke huis het ‘n huismeester en huisleier wat omsien na hul huis, asook ‘n bymekaarkom-area, waar gereelde huisopeninge plaasvind. Elke huis het ook ‘n unieke huishempie – dit alles het tot gevolg dat die kompetisie tussen die huise baie groot is.
Almal veg om die finale wenners aan die einde van die jaar te wees en om die gesogte huistrofee te kan wen.