SKOOLGELD

TERME VAN BETALING

Skoolgeld is ten volle betaalbaar aan die begin van die akademiese jaar wanneer volle betaling moet geskied.

 

VOLGENS KONSESSIONÊRE REËLINGS, SAL DIE SKOOL BETALING OP EEN VAN DIE VOLGENDE WYSES AANVAAR:

  • Vooruitbetaal voor die 28 Februarie met ‘n korting van R1000 per leerder.
  • Rente mag gehef word op agterstallige rekeninge teen nie meer as 2% per maand nie. Verder, dat daar deur middel van ‘n oorhandigingsproses voortgegaan sal word om skoolgeld te verhaal in die geval waar die rekeningpligtige versuim om skoolgelde te betaal.
  • Goedkeuring word gegee vir die implementering van regverdige kriteria en prosedures vir die gedeeltelike, of voorwaardelike kwytskelding van ouers wat nie in staat is om skoolgelde te betaal nie.
 

'N UITEENSETTING VAN DIE VOORGESTELDE SKOOLGELDSTRUTUUR VIR 'N GESIN IS SOOS VOLG:

Skoolgeld 2023

  • Eerste leerder: R22 220.00 (2 020.00 x 11 maande)
  • Tweede leerder: R20 900 (1 900.00 x 11 maande)
  • Derde leerder: R19 800 (1 800.00 x 11 maande)
 
 

Vir navrae stuur ‘n e-pos na finansies@wonnies.co.za.