INLIGTINGSBRIEF

GRAAD 8 SKRYFBEHOEFTES VIR 2025

GRAAD 8 VERKORTE PROGRAM VIR 2025

ALGEMENE VRAE EN ANTWOORDE

VIR NAVRAE KONTAK ONS

Stuur u boodskap hier

Watter skryfbehoeftes moet ek vir my kind aankoop?

ANTWOORD:

Die skryfbehoeftelys is bo aan die bladsy beskikbaar op ‘n skakel.

Wat is die skoolreëls rondom skoolklere, hare en bykomstighede?

ANTWOORD:

5.

 

VOORKOMSREËLS

 

5.1

 

Algemeen: Kleredrag

Kleredrag moet aan die standaard van die skool voldoen en moet slegs by  die goedgekeurde verskaffers aangekoop word:

o    Totiusdal Handelshuis:       Codonialaan, Waverley

o    Overkruin Uitrusters:    Braam Pretoriusstraat, Magalieskruinsentrum

o    Select Uitrusters :                Queens Corner, Soutpansbergweg, Queenswood

o    Trinity Clothing:                   Claremontstraat, Daspoort, Pretoria

·         Leerders moet skooldrag dra as hulle in skoolure, óf tydens sportbyeenkomste, óf vir ekstra klasse die terrein betree.

·         Indien ‘n leerder nie aan die voorkomsgedragsreëls voldoen nie, kan voorregte ontneem word.

·         Indien ‘n leerder op  enige manier moet afwyk van die gedragskode as gevolg van kulturele vereistes, moet die ouers vooraf skriftelik toestemming daarvoor by die bestuur kry.

·         Enige leerder wat nie aan die voorgeskrewe voorkomsvereistes voldoen nie, mag huis toe gestuur word om die saak reg te stel en moet dan na die skool terugkeer.  Ouers sal telefonies hieroor ingelig word en sal versoek word om die leerders by die skool af te haal. 

 

5.2

Baadjies

·         Slegs amptelike skoolkleurbaadjies (“Blazer”) mag gedra word.  Skoolbaadjies mag slegs saam met skoolklere gedra word.

·         Geen lapelwapens, behalwe provinsiaal- of skoolverwant, word toegelaat nie.

·         Kleurbaadjies word soos volg gedra:  Indien die leerder ‘n dashemp aan het, móét die leerder ‘n das dra.  Indien die leerder egter nie ‘n dashemp dra nie, word die hemp oop (oor die baadjiekraag) gedra.

 

5.3

 

Erkenningsbalkies

·         Slegs skoolbalkies en huiswapens mag op kleurbaadjies gedra word en nie op die das, hemp of trui nie.

·         Slegs die huidige jaar se balkies mag gedra word.

·         ‘n Leerder mag net sy/haar eie balkies dra.

5.4

 

Truie

·         Gr 8 – 11 leerders mag die groen skooltrui of die groen moulose truie, wat by die verskaffer beskikbaar is, dra.

·         Gr 12’s mag ‘n wit, goedgekeurde matriek-trui dra.

·         Geen name mag op truie geborduur word nie.

5.5

 

Dasse

·         Kleurbaadjies:  Indien die leerder ‘n dashemp aan het, móét die leerder ‘n das dra

·         Dasse mag nie verander word en uitgeryg word om strepe op te hê nie.

·         Graad 12:  ‘n Matriekdas word gedra.

5.6

 

Komberse en Musse

·         Die dra van komberse en musse saam met skooldrag, is verbode.

5.7

 

Handskoene

  • Bottelgroen handskoene, sowel as swart handskoene mag gedra word.

5.8

 

Serpe

·          Die voorgeskrewe skoolserp mag slegs in die winter tesame met wintersdrag gedra word en mag nie die afwesigheid van die skooldas kamoefleer nie.

·          Gr 12’s dra  die voorgeskrewe wit matriekhemp met ‘n matriekserp en die res van skool die Wonnieserp.

5.9

 

Tatoeëermerke

·          Tattoeëermerke moet te alle tye bedek wees.

5.10

 

Huisdrag

  • Huishemde mag slegs saam met die groen wonniebroek gedra word. Dit word ook slegs gedra op die dae soos bepaal deur die Bestuur.

5.11

Sportdrag

  • Die amptelike sportbaadjie en -broek mag slegs na sportbyeenkomste gedra word.
  • Voorgeskrewe sportdrag vir seuns en dogters is dus verpligtend tydens sportbyeenkomste. 
  • Toeskouers moet te alle tye in skooldrag geklee wees.

5.12

Wonniedrag

  • Wonniedrag word slegs met toestemming vanaf die Bestuur gedra. .  Geen ander sporthemde soos byvoorbeeld die verskillende Eerste Span hemde mag gedra word nie. 
  • Die korrekte sporttekkies moet by Wonniedrag gedra word – geen plat balletskoene  of sagte leer, plat skoene sonder kouse word nie toegelaat nie.
  • Bont/helderkleurige veters word nie toegelaat nie. nie.  Slegs wit – of Wonniekouse mag gedra word.
  • Wonniedrag en die skoolsweetpak mag by sportbyeenkomste slegs deur atlete gedrag word. Toeskouers moet skoolklere dra.
  • Géén ander sporthemde of Eerste Spandrag mag gedurende die skooldag gedra word nie, behalwe in die seisoen op die dag wat hul wedstryd speel of die Vrydag voor die Saterdag se wedstryd.

 

5.13

 

Skooldrag tydens Skoolfunksies

  • Skooldrag, hetsy by sport- of kulturele geleenthede, is verpligtend, tensy anders gekommunikeer.

 

5.14

 

Gewone drag

  • Die skool skep geleenthede waar leerders gewone drag kan dra.  Tydens die geleenthede sal spesifieke riglyne en reëls gekommunikeer word.

 

5.15

 

Eerste Span: Drag

  • Dié drag word slegs gedra op wedstryddae en die Vrydag vóór die Saterdag se in-seisoen wedstryde.
  • Dogters:  Chino-rompie, voorgeskrewe sykouse, beige “pumps”, das en wit hemp.
  • Seuns: Gewone skooldrag, wit hemp, Eerstespandas en -pet.

 

6.

Spesifieke Voorkoms: Dogters

 

6.1

 

Verantwoordelike personeel: Dames Graadhoofde

  • Somersdrag en Wintersdrag mag nie gemeng word nie.
  • Vir enige uitsondering t.o.v. die voorkomsreëls van die dogters, moet ‘n goedkeuringsbrief van die verantwoordelike graadhoof verkry word.
  • Indien ‘n leerder nie aan voorkomsgedragsreëls voldoen nie, sal die dogter die geleentheid kry om huis toe gestuur te word ten einde die voorkoms te herstel.

 

6.2

 

Dogters: Rompie/Langbroek

  • Die goedgekeurde bottelgroen rompie van die verskaffers word gedra.
  • Die rompie mag nie korter as 8cm bo die knieg wees nie (vanuit ’n kniel posisie).
  • ‘n Kort bottelgroen of swart “ski-pant” moet onder rompies gedra word.
  • Winter: Bottelgroen skoolkuitkouse of sykouse mag gedra word. 
  • Dogters mag of die bottelgroen rompie of die voorgeskrewe bottelgroen dogters-langbroek dra.
  • Indien ‘n dogter die voorgeskrewe dogters-langbroek dra, mag dit nie afgewerk, ingestik of uitgerafel wees nie. 
  • Die broekspype mag nie aan die grond raak nie.

 

6.3

 

Dogters: Hemp

·         Graad 8-11: ‘n Kortmou, geel hemp met ‘n oopslaankraag mag gedra word. In die winter kan ‘n langmou, geel dashemp met ‘n das gedra word.

·         Graad 12: ‘n Kortmou, wit dashemp mag gedra word. In die winter kan ‘n langmou, wit dashemp gedra word.

·         Hempsmoue mag nie omgevou word nie. 

·         Geen donker onderklere of onderhemde mag onder hemde gedra word nie. 

·         Indien ‘n ligte onderhemp gedra word, mag dit nie onder die hemp uitsteek nie.

·         Hemde moet altyd ingesteek word. 

 

6.4

 

Dogters: Sokkies

  • Graad 8-11: Kort, bottelgroen sokkies. In die winter word die voorgeskrewe groen kuitkouse gedra, maar nie saam met somersdrag nie.

·         Graad 12: Wit sokkies (met kantsome, indien verkies).

 

6.5

 

Dogters: Skoene

·         Swart skoolskoene met ‘n bandjie oor die voet of gewone, standaard dogterstoerygskoene mag gedra word.

·         Skoene met dik rubbersole, asook plat sagte leerskoene, is nie toelaatbaar nie. 

·         Geen versierings mag aan die skoene vasgesteek of vasgebind word nie.

 

6.6

 

Dogters: Juwele

·          Slegs een klein, gladde, dun goue- of silwer ringetjie / knoppiesoorbel mag in die onderpunt / onderste gaatjie van die oorlel gedra word.

·          Graad 12: Mag die standaard, goedgekeurde pêreloorbelle dra.

·          ‘n Horlosie mag gedra word.  Geen breë gekleurde horlosiebande of horlosies met juwele word toegelaat nie.

·          Juwele wat onwettig gedra word, sal gekonfiskeer word en in veilige bewaring geplaas word tot die einde van die kwartaal.  ‘n Afkoopboete van R300 kan betaal word om dit vroeër terug te kry.

·          Slegs SOS mediese hangertjies en -bandjies mag gedra word. (Handig die nodige dr-brief ter verwysing by die Graadhoof in.)

 

6.7

 

Dogters: Hare

Hare moet netjies wees.  Geen toegewings kan vir funksies, matriekafskeide, modelvertonings, troues ens. gemaak word nie

·          Hare mag nie gekleur, getint of verander word van die natuurlike haarstyl nie. Indien die reël oortree word, sal die dogter huis toe gestuur word en van die ouers verwag word om onkostes aan te gaan om die hare weer reg te kleur, voordat die dogter kan terugkeer skool toe.

·          Hare moet netjies en behoorlik vasgemaak wees, soos wat dit by ‘n skooldogter pas.

·          Die kuif mag nie oor die oë hang nie, dit moet dan vasgesteek word.

·          Indien hare oor die kraag hang, moet dit vasgemaak word.

·          Geen afwykende, uitheemse haarstyle of modegiere word toegelaat nie.

·          Toegelate haarbykomstighede: Handdoekrekkies, “scrunchies”, opgestopte en oorgetrekte “Alicebands”.  Geen breë kopbande, uitspattige haarknippe of versierings mag gedra word nie.

·          Toegelate kleure vir bykomstighede: Dieselfde kleur bykomstigheid as die leerder se natuurlike haarkleur, of:

  • Graad 8-11: Geel- of bottelgroen haarbykomstighede.
  • Graad 12:  Wit- of bottelgroen haarbykomstighede.

·          Geen ander versierings mag gedra word nie. Krale in geweefde hare word nie toegelaat nie.

·          Indien die hare geweef of ingevleg word, moet die haarstukke dieselfde kleur as die dogter se natuurlike kleur wees en die leerder moet steeds die ander haarreëls in ag neem.

·          Geweefde of ingevlegte hare moet steeds natuurlik voorkom en nie ander leerders se visie in die klas belemmer nie.

6.8

 

Dogters: Naels

·                    Naels moet netjies en kortgeknip wees en mag nie oor die vingerpunte steek nie.  Kleurlose naellak mag wel gedra word.

·                    Geen versoeke vir langer of vals naels vir funksies, matriekafskeide, modelvertonings of troues sal toegelaat word nie.  Indien ‘n dogter haar hieraan skuldig maak, sal van haar verwag word om dit af te knip.

 

6.9

Dogters: Grimering

·                    Geen grimering mag gedra word nie.

·                    Indien ‘n onderlaag om mediese redes gedra moet word, word ‘n brief van ‘n dermatoloog vereis.  Sodanige brief moet by die Graadhoof ingee word en moet te alle tye by die dogter self gedra word.

·                    Dogters wat oortree, sal dadelik die grimering moet verwyder/afwas.

7.

 

Spesifieke Voorkoms: Seuns

 

7.1

 

Verantwoordelike personeel:  Graadhoof en Manspersoneel

·         Vir enige uitsondering t.o.v. die voorkomsreëls moet ‘n goedkeurings-brief van die Graadhoof verkry word. Sodanige brief moet te alle tye by die seun self gedra word.

·         Ons poog om seuns as galante here te laat ontwikkel.  Leerders dra uniform en hierdie reëls is dienooreenkomstig saamgestel.

·         Indien ‘n leerder nie aan voorkomsgedragsreëls voldoen nie, sal die dogter die geleentheid kry om huis toe gestuur te word ten einde die voorkoms te herstel.

 

7.2

 

Seuns: Hemp

·         Graad 8-11: ‘n Kortmou, liggroen oopslaankraaghemp word in die somer gedra. In die winter word ‘n langmou, groen hemp met ‘n skooldas gedra.

·         Graad 12: ‘n Wit hemp met ‘n matriekdas mag gedra word.  

·         Die boonste hempsknoop mag nie sigbaar wees wanneer ‘n das gedra word nie.

·         Hemde moet te alle tye ingesteek wees

·         Onderhemde mag gedra word, maar mag nie onder die hemp uitsteek nie. 

·         Donker onderhemde mag nie gedra word nie.

7.3

 

Seuns: Broek

·         Grys, kort- of langbroeke met swart/grys gordels, skoolkouse met swart veterskoene moet saam met die langbroek of kortbroek gedra word. 

·         Broekspype mag nie nouer gewerk word nie.  Leerders se ouers sal onmiddellik gekontak word om die leerder te kom haal ten einde die regte broek te gaan aantrek.

·         Die broek se soom moet nie korter gemaak word nie en kouse mag nie sigbaar wees nie.

 

7.4

 

Seuns: Gordels

·         Die grys langbroek word altyd saam met ‘n swart/grys gordel gedra.

·         Die gespe van die gordel mag nie groter as 5 cm wees nie. 

·         Daar mag geen motiewe of klinknael-knoppies op gordels wees nie. 

·         Gordels moet te alle tye saam met die skoolbroek gedra word.

7.5

 

Seuns: Skoene en Kouse

·         Slegs die standaard swart toeryg-skoolskoene mag gedra word, m.a.w. gewone toe-skoene met normale dikte sole en veters.

·         Geen gekleurde skoenveters mag gedra word nie.

·         Slegs grys skoolkouse mag gedra word. 

·         Die kouse moet te alle tye opgetrek en die veters moet vasgemaak wees.

·         Geen versierings mag aan skoene vasgesteek of -gebind word nie.

·         ‘n Versoek vir ander skoene a.g.v. voetprobleme moet skriftelik (tesame met ‘n doktersbrief) by die Graadhoof ingedien word. Die leerder moet ‘n afskrif van die brief te alle tye by hom dra.

 

7.6

 

Seuns: Juwele

·          Slegs ‘n horlosie mag gedra word.  Geen breë gekleurde horlosie-bande of horlosies met juwele word toegelaat nie.

·          ‘n SOS mediese hangertjie of bandjie mag wel gedra word. (Handig die nodige doktersbriewe ter stawing by die Graadhoof in)

 

7.7

 

Seuns: Hare

·          Hare moet in ‘n aanvaarbare en eenvormige lengte gesny word en moet altyd soos wat dit ‘n skoolseun betaam, netjies, natuurlik en skoon wees.

·          Die haarstyl moet konserwatief van aard wees met inagneming van die seun se spesifieke kultuur.

·          Die lengte van die hare moet egalig, vanaf die kant van die kop na bo-op die kop, beweeg. Geen onegalige lengteverskille nie.

·          Geen afwykende, uitheemse, gekleurde haarstyle of modegiere word toegelaat nie.

·          Geen jel of wetlook nie.

·          Indien ‘n seun se hare nie aan die reëls voldoen nie, sal hy huis toe gestuur word ten einde die voorkoms te herstel.

 

7.8

Seuns: Naels

·          Naels moet altyd netjies, kortgeknip en natuurlik wees.

 

7.9

Seuns: Wolwange en snorre

·          Geen wolwange, baarde en snorre word toegelaat nie.

·          Indien ‘n leerder nie geskeer is nie, word hy huis toe gestuur, moet skeer en kan dan terugkeer skool toe.

·          Wolwange (“Sidies”) mag nie laer as die oorgaatjie wees nie.

Waar kan ek ‘n sluitkas bespreek?

ANTWOORD:

Die Sluitkaste word in Januarie hanteer. Graad 12 leerlinge kry voorkeur en dan die graad 11’s ens. Daar is dae geallokeer in week 2, wanneer leerders sluitkassies kan huur. Rig u navrae aan sluitkas@wonnies.co.za

Hoe werk die klerebank?

ANTWOORD: Die klerebank beskik oor tweedehandse klere wat teen ‘n afslagprys beskikbaar is. Die klerebank is op die volgende dae oop. 

Klerebank tye

2023
Maandag 4 Des 8-12
Dinsdag 5 Des 8 -12
Woensdag 6 Des 8-12

2024
15 Januarie 8 -12
16 Januarie 8 – 12

Rig u navrae aan klerebank@wonnies.co.za

Waar kry ek inligting oor die skoolbussie?

ANTWOORD: Wonnie Retoer inligting https://wonnies.co.za/wonnie-retoer/

 

Is daar ‘n Graad-8 Kamp?

ANTWOORD:

Daar is geen Gr.8 kamp in Januarie 2024 nie. Leerders sal vanaf 15 Januarie 2024 ‘n oriënteringsprogram volg wat bedoel is om leerders te laat inskakel by die skool. Die matriekraad sal die leerders vanaf 07:00 by die sporthek ontmoet. Leerders trek gemaklik (maar netjies) aan. Die leerders sal om 13:00 verdaag.



SOSIALE MEDIA