BEMARKINGSOPSIES

  • BEMARKING 

2023

Hiermee die bemarkingopsies wat tans by Die Hoërskool Wonderboom beskikbaar is.

Advertensiemateriaal

  • PLAKKATE
  • STROOIBILJETTE
  • BANIERE
  • JAARBLAD 
  • DAGBOEK

Verkopers

VOEDSELVERKOPERS OP SPORTDAE/ FUNKSIES:

Vir enige navrae rakende voedelverkopers, is u welkom om die Kafeteria te kontak by kafeteria@wonnies.co.za of 082 827 2400.

  1. UITSTALLING OP SPORTDAE/FUNKSIES:

  1. PRODUKVERKOPE OP SPORTDAE/FUNKSIES:

Nuusbrief

ADVERTERING IN ONS DIGITALE NUUSBRIEF:

Ons het ‘n digitale nuusbrief wat uitgestuur word aan alle ouers en personeel. Die nuusbrief word ook op die skool se amptelike Facebookblad geplaas: /facebook.com/HSWonderboom

Die opsies om daarin te adverteer is die volgende:

  1. ‘n besigheidskaartjie-grootte advertensie. (ongeveer 8.9 x 5.1cm)

  2. ‘n halfblad (A5) advertensie.

  3. ‘n volblad (A4) advertensie.

Advertensie-materiaal moet ons bereik op Maandae voor 14:00 vir plasing in die volgende uitgawe. Die Nuusbrief word ongeveer elke twee weke geplaas.

 

Sosiale Media

ADVERTERING OP SOSIALE MEDIA:

SOSIALE MEDIA PLATFORMS

  • Webwerf

  • Facebook

  • Instagram

  • Youtube

  • Tik Tok

Borge kan gratis hul besighede op sosiale media bemark, mits die borg meer as R5000.00 borg. Ander opsies om op sosiale media te adverteer kan met die bemarkingbestuurder bespreek word.

Telborde

ADVERTERING OP ONS TELBORDE:

  • Borge wat op telborde wil adverteer moet R5,000per jaar betaal. Die borg sit self die telbord op, vir sy eie onkostes.  ‘n Getekende kontrak tussen skool en borg vir 1 jaar sal opgetrek word om die ooreenkoms te bekragtig.

  • Die hoogte van die borde moet op die bestaande raam pas.

 

Advertensieborde

ADVERTENSIEBORDE BUITE DIE SKOOL IN STEVE BIKO-RYLAAN

PALISSADE

Dit is alombekend dat die berg in Steve Biko-Rylaan ‘n groot hoeveelheid voertuie per dag akkommodeer. Wat ‘n beter ligging kry jy as dié area?

U kan nou advertensiespasie bekom op die skool se heining in die besige straat van Steve Biko-Rylaan. Die advertensiespasie word hanteer volgens ‘n kontrakbasis van een jaar.

Die huur van advertensieborde verhoog jaarliks met ongeveer 5%.

BESONDERHEDE:

  • 1225 mm X 2450 mm = 3.01m2

  • Huuronkostes beloop R900.00 per m2

  • BEDRAG IS JAARLIKS OF EENMALIG BETAALBAAR

ADVERTERING TEEN ONS PAVILJOEN

Die advertensiespasie word hanteer volgens ‘n kontrakbasis van een jaar.

Opsie 1 – BESONDERHEDE:

  • 2000 mm X 5000 mm = 10.00 m2

  • Huuronkostes beloop R900.00 per m2

  • BEDRAG IS JAARLIKS OF EENMALIG BETAALBAAR

Opsie 2 – BESONDERHEDE:

  • 2000 mm X 10000 mm = 20.00 m2

  • Huuronkostes beloop R900.00 per m2

  • BEDRAG IS JAARLIKS OF EENMALIG BETAALBAAR

 

ADVERTENSIEBORD (ANDER)

Ander Opsies – BESONDERHEDE:

  • ____________ mm X ______________ mm = __________________________ m2

  • Huuronkostes beloop teen R900.00 per m2

  • ______________________m2 x R900.00.

  • ________________________ PER JAAR

  • BEDRAG IS JAARLIKS OF EENMALIG BETAALBAAR

Die ander bemarkingopsies vir advertensie is oop vir bespreking en onderhandeling. Borgskap ooreenkomste kan gemaak word wat kan lei tot bemarkingsgeleenthede.

Kontak bemarking@wonnies.co.za vir navrae.