Die Hoërskool Wonderboom bied ‘n wye verskeidenheid Kultuuraktiwiteite aan. Tydens die deelname aan kultuur word leerders omskep in skeppende, vindingryke wesens wat weet hoe om hulself uit te druk. Ons is trots op die veelsydigheid van die Wonnie-Kultuurleerders en die prestasies wat daarmee gepaard gaan.