Die Wonnie-Retoer busdiens is nou ‘n permantente instelling vir 2023. Daar sal twee roetes beskikbaar wees genaamd
Die Montana/Wonderboom- en
Die Tuine/Mountain View-roete. Die roete volg die Laerskole as fokuspunte.
Ouers van leerlinge wat belangstel, moet die kontrak aflaai, voltooi en terug stuur na Mnr. Roodt per e-pos (wonnieretoer@wonnies.co.za). Dit moet teen 6 Januarie 2023 gestuur wees. U sal dan ‘n verwysingsnommer vir betaling ontvang. Die bussiegeld moet apart inbetaal word van die skoolfonds.
Daar is SLEGS plek vir sestien leerlinge (Die eerste sestien volledige kontrakte met betaling, sal aanvaar word). Die busfooi beloop R500-00 per maand.
Die vier areas genoem hieronder, sal as oplaaipunte gebruik word. Die oggend- en middagroetes sal dieselfde wees. Leerders wat in die Doornpoort-area woon, moet een van die naaste laerskole gebruik as oplaai- en -aflaaipunt.
Indien daar ‘n behoefte vir busgebruik na sport oefeninge / gedurende die eksamentyd is, moet u asseblief u behoeftes stuur na wonnieretoer@wonnies.co.za. Daar sal egter koste implikasies wees.