MULTI FUNKSIONELE SPORTFASILITEIT

Die multi funksionele sportfasiliteit het in 2022 ontstaan en speel ’n groot rol in die verdere ontwikkeling van alle sportsoorte in die skool.

Die sintetiese oppervlakte word veral in die ontwikkeling van hokkie gebruik aangesien die ligas deesdae op sintetiese oppervlaktes plaasvind. Verder is dit ook ’n perfekte oppervlakte vir die oefen van netbal, krieket, rugby en sagtebal.

Die oppervlakte leen hom ook daartoe om te kan oefen wanneer omstandighede nie gunstig is as gevolg van weersomstandighede.

Mini sporttoernooie vind ook hier plaas met laerskole wat met groot geesdrif deelneem. Verskeie sportkursusse en akademies vind plaas by die fassiliteit.

Verdere uitbreiding van die oppervlakte word beplan in die nabye toekoms om die wonnies nog beter te kan voorberei om in die hoogste ligas te kan deelneem.

Vir meer inligting stuur ‘n e-pos na loots.m@wonnies.co.za

DJI_0007
Previous slide
Next slide