LEERDERFOTO'S

INDIVIDUELE FOTO-BESTELLINGS

Leerders het elkeen ʼn koevert ontvang met opsies vir Foto-bestellings. Ons versoek u om die koevert so gou as moontlik terug te besorg aan die voog-onderwyser. Die sluitingsdatum is 22 Maart 2023. Elke leerder, al het hy nie foto’s bestel nie, moet die koevert terugbesorg aan die voogonderwyser, ter wille van kontrole. Leerders moet spelfoute, verkeerde foto of registerklas-foute op die koevert aandui.

Ten einde te bestel, moet u, u voorkeur op die koevert aandui en die totale bedrag kontant in die koevert plaas. U kind oorhandig die koevert aan die voog-onderwyser, wat voor hom/haar die bestelling teenoor die kontant kontroleer en dan die koevert toeplak.

PRIVAAT FOTOGRAWE

Kontak gerus die volgende fotograwe vir bestellings;
Dawie Nolte Productions dawie@nolteproductions.co.za
Life 2.0 Photo life2.0photo@gmail.com