LEERDERFOTO'S
INDIVIDUELE FOTO-BESTELLINGS
Leerders het elkeen ʼn koevert ontvang met opsies vir Foto-bestellings. Ons versoek u om die koevert so gou as moontlik terug te besorg aan die voog-onderwyser. Elke leerder, al het hy nie foto’s bestel nie, moet die koevert terugbesorg aan die voogonderwyser, ter wille van kontrole. Leerders moet spelfoute, verkeerde foto of registerklas-foute op die koevert aandui.
Ten einde te bestel, moet u, u voorkeur op die koevert aandui en die totale bedrag kontant in die koevert plaas. U kind oorhandig die koevert aan die voog-onderwyser, wat voor hom/haar die bestelling teenoor die kontant kontroleer en dan die koevert toeplak.

PRIVAAT FOTOGRAWE
Kontak gerus die volgende fotograwe vir bestellings;
Dawie Nolte Productions dawie@nolteproductions.co.za
Life 2.0 Photo life2.0photo@gmail.com
Hetzel Productions Sa hetzelproductionssa.co.za