Die Hoërskool Wonderboom hou jaarliks ons Welwillendheidsgholfdag om leerders en gesinne wat in nood is by te staan met die nodige voedsel en noodsaaklikhede. Die nood is baie groot in ons omgewing en baie gesinne maak staat op die skool se ondersteuning.
Die skool se gholfdag verseker jaarliks fondse, sodat ons die koskaste van die skool kan volmaak en ons behoeftige fonds kan aanvul.
Volgende jaar vind die gholfdag weer op Vrydag, 11 September 2026 by Akasia gholfbaan plaas.
Ons het u nodig om ons te help met die dag. Om dit suksesvol te maak, het ons spelers nodig, baie pryse sowel as putjieborge. Sonder daardie drie aspekte sal die dag nie kan plaasvind nie.