GEE OM VIR WIE JY WIL WEES

GRAAD 8'S VAN 2026

GRAAD 8 AANLYNINSKRYWINGS VIR 2026

DOEN AANSOEK VOOR 29 AUGUSTUS 2026

  • 00Days
  • 00Hours
  • 00Minutes
  • 00Seconds

Baie dankie vir u belangstelling in Die Hoërskool Wonderboom as die toekomstige tuiste vir u kind. Ons sien uit daarna om die Spruite van 2026 met ope arms te verwelkom.

BELANGRIK: Alle plasing van leerders geskied deur die Departement van Onderwys se aanlynstelsel.

Die aanlyninskrywingsproses geskied deur die Gautengse Departement van Onderwys (GDE) se aanlynplatform: 👉 www.gdeadmissions.gov.za

Hier volg ’n duidelike stap-vir-stap gids om u deur die proses te help:

🌐 STAP 1: Wag op die opening van die GDE-aansoekproses
Die aanlynportaal vir GDE-inskrywings sal deur die departement van onderwys behartig word. 

📥 STAP 2: Twee opsies om aansoek te doen

OPSIE 1: Doen self aanlyn aansoek

  • U besoek self www.gdeadmissions.gov.za
  • U doen die aansoek en laai self alle vereiste dokumente op.
  • Daarna stuur u die Leerder inligtingsvorm aan Die Hoërskool Wonderboom per e-pos (sien skakel in stap 4).

OPSIE 2: Laat die skool die aansoek namens u doen

  • U stuur die voltooide Leerder inligtingsvorm én alle dokumente aan die skool.
  • U gee dan toestemming dat die skool namens u die aanlynregistrasie doen.
  • BELANGRIK: U sal nog steeds self die dokumente op die GDE-stelsel moet oplaai nadat die skool die aansoek geloods het.
  • Rig dié versoek aan me. C. Schneeberger by aansoek@wonnies.co.za.

📎 STAP 3: Benodigde dokumentasie
Vir beide opsies moet u die volgende dokumente verskaf:

  • Voltooide Leerder inligtingsvorm. (sien skakel hieronder)
  • ID-dokument van ouer/voog.
  • Geboortesertifikaat van leerder.
  • Nuutste/Laaste skoolrapport.
  • Bewys van adres (slegs water-en-ligte rekeninge of huurkontrakte – geen ander vorms word aanvaar nie.)

📧 STAP 4: Indiening van die Leerder inligtingsvorm by die Hoërskool Wonderboom

  • Laai die vorm af vanaf hierdie skakel:
    Leerder inligtingsvorm – Klik HIER
  • Stoor die dokument met die volgende naamformaat:

         LIV_LeerderNaamVan    (bv. LIV_AnnaSmit.pdf)

🗂️ STAP 5: Voltooi administrasie vooraf
Hoewel plasing deur die Departement geskied, stel ons ouers in staat om reeds nou die administrasie met die skool af te handel sodat die proses later vlot verloop.

Indien u enige navrae het, kontak ons gerus by aansoek@wonnies.co.za of besoek ons webtuiste vir verdere opdaterings.

Baie dankie vir u samewerking. Ons sien uit daarna om u en u kind as deel van die WONNIE-familie te verwelkom!

GDE-AANLYN AANSOEKE VIR 2026

STAPPE VIR AANLYN REGISTRASIE:

STAPPE VIR DIE AANLYN GRAAD 8-AANSOEKE

Graad 8-Ouers moet asseblief daarop let dat die aanlyn aansoeke vir Graad 8 verpligtend is. Hieronder volg die stappe vir dié aanlyn aansoeke.

  1. Besoek die GDO-webwerf by gdeadmissions.gov.za
  2. Teken in – “Login”

3. Skep ‘n profiel:

4. Kies die graad waarin die leerder in 2026 gaan wees (Slegs graad 8 vir 2026)

5. Verskaf jou persoonlike en vorige skoolinligting, bv.inligting oor die leerder, sy/haar naam, ouderdom, geslag en kontak besonderhede. Maak seker dat u die onderrigtaal korrek kies: Afrikaans Huistaal.

6. Kies ‘n skool as eerste opsie. Gewoonlik kan ouers tot 5 skole kies.  (Let egter daarop dat indien u meer skole kies, mag u kind daar geplaas word, aangesien u aangedui het dit is een van u keuses.  Kies dus eerder slegs 1 of ‘n maksimum van twee skole.)

7. Laai ondersteunende dokumente op:

  • Ouers se gewaarmerkte identiteitsdokumente.
  • Bewys van huisadres (Munisipale rekening) in die ouer (wat op stelsel gelaai is) se naam, of bewys van werksadres. Indien u ‘n huis huur, moet ‘n huurkontak ingehandig word tesame met die eienaar se munispale rekening.
  • Gewaarmerkte geboortesertifikaat
  • Laaste Graad 7-rapport.
 
 
 

8. Klik “Submit”

9. Kom gee skool se Leerder Inligtingsvorm by die adminkantoor in.

 

 

GRAAD 8 WONNIES VAN 2026!

Dit is tyd… tyd om in te skryf, want in 2026 word jy ‘n wonnie!

Jóú Hoërskool-reis begin hier… jóú toekoms wag!

Graad 8-aansoeke word weer deur die departementele stelsel hanteer. Hou gerus die spasie dop vir meer inligting.

1. ID-dokument van die ouer.
2. Suid-Afrikaanse geboortesertifikaat van die leerder.
3. Bewys van woonadres in die ouer se naam (indien u aansoek doen op grond van u woonadres).
4. Bewys van werksadres van die ouer (indien u aansoek doen op grond van u werksadres).
5. Laaste rapport van die leerder

Bogenoemde dokumente moet binne sewe dae nadat aansoek gedoen is, ingegee word by die skool of op die aanlynstelsel gelaai word.
Voltooi ook asseblief die leerder inligtingsvorm en stuur na die skool. Navrae: me. Schneeberger (aansoek@wonnies.co.za)

GEREELDE VRAE

  1. Registrasie MOET aanlyn gedoen word by www.gdeadmissions.gov.za

  2. Die Leerder Inligtingsvorms en ondersteunende dokumente MOET by die skool ingehandig word. (binne 7 dae)
    Laai ondersteunende dokumente op:
    • Ouers se gewaarmerkte identiteitsdokumente.
    • Bewys van huisadres (Munisipale rekening) in die ouer (wat op stelsel gelaai is) se naam, of bewys van werksadres. Indien u ‘n huis huur, moet ‘n huurkontak ingehandig word tesame met die eienaar se munispale rekening.
    • Gewaarmerkte geboortesertifikaat
    • Laaste Graad 7-rapport.

Plasings by skole vind plaas op grond van die voedingsarea van die skool.  Ons kon egter in die verlede werklik alle ouers akkommodeer wat hul kinders in die skool wou plaas.  As u egter baie ver buite die voedingsarea woon, sal u by ‘n tweede skool ook moet aansoek doen.  Dui egter Die Hoërskool Wonderboom aan as u eerste keuse.

Die Leerder Inligtingsvorms en ondersteunende dokumente MOET by die skool ingehandig word. (binne 7 dae)

Indien die skool vir u die registrasie doen, sal u steeds ‘n sms vanaf die Departement ontvang om te bevestig dat die kind geregistreer is.

Wanneer u ‘n sms vanaf die Departement ontvang het, is dit om te bevestig dat die kind geregistreer is.
Die SMS dui daarop dat u die ondersteunende dokumente binne 7 dae by die skool moet inhandig.

U moet ook die SMS hou as bewys van registrasie.

U kan enige navrae rig aan aansoek@wonnies.co.za.

Nee, u kind is slegs geregistreer as moontlike plasing by die skool. Die Departementele plasings vind vanaf die vierde kwartaal plaas. Dus vra ons u geduld en verdraagsaamheid in die verband.

Weeksdae                                           Open                     Sluit

Ma – Do                                             07:00                    15:00

Vr                                                         07:00                    14:00

Publieke vakansie dae en skole vakansiedae         Gesluit

Watter skryfbehoeftes moet ek vir my kind aankoop?

ANTWOORD:

Die skryfbehoeftelys sal aan die einde van November hier beskikbaar wees.

Wat is die skoolreëls rondom skoolklere, hare en bykomstighede?

ANTWOORD:

GEDRAGSKODE

Waar kan ek ‘n sluitkas bespreek?

ANTWOORD:

Die Sluitkaste word in Januarie hanteer. Graad 12 leerlinge kry voorkeur en dan die graad 11’s ens. Daar is dae geallokeer in week 2, wanneer leerders sluitkassies kan huur. Rig u navrae aan sluitkas@wonnies.co.za

Waar kry ek inligting oor die skoolbussie?

ANTWOORD:

WONNIE-RETOER INLIGTING

 

VIR VERDERE NAVRAE KONTAK ONS

Stuur u boodskap hier