GEE OM VIR WIE JY WIL WEES

GRAAD 8'S VAN 2027

NUUTSTE INLIGTING VIR GRAAD 8'S VAN 2027

Dokumentasie vir inskrywings

Baie dankie vir u belangstelling in Die Hoërskool Wonderboom as die toekomstige tuiste vir u kind. Ons sien uit daarna om die Spruite van 2027 met ope arms te verwelkom.

GRAAD 8 WONNIES VAN 2027

Dit is tyd… tyd om in te skryf, want in 2027 word jy ‘n Wonnie!

Jóú Hoërskool-reis begin hier… jóú toekoms wag!

Dokumentasie wat die inskrywings moet vergesel:

1. Gewaarmerkte  identiteitsdokument van die ouer.

2. Suid-Afrikaanse gewaarmerkte geboortesertifikaat van die leerder.

3. Bewys van huisadres (Munisipale rekening) in die ouer (wat op stelsel gelaai is) se naam, of bewys van werksadres. Indien u ‘n huis huur, moet ‘n huurkontak ingehandig word tesame met die eienaar se munispale rekening. (indien u aansoek doen op grond van u woonadres).

4. Bewys van werksadres van die ouer (indien u aansoek doen op grond van u werksadres).
5. Laaste graad 7-rapport van die leerder

Bogenoemde dokumente moet binne sewe dae nadat aansoek gedoen is, ingegee word by die skool EN op die aanlynstelsel gelaai word. Ouers is welkom om vooraf die dokumentasie te voltooi en in te stuur.

Voltooi ook asseblief die leerder inligtingsvorm en stuur na die skool. Navrae: me. Schneeberger (aansoek@wonnies.co.za)

Meer inligting

2026

GRAAD 8 AANLYNINSKRYWINGS VIR 2026

Baie dankie vir u belangstelling in Die Hoërskool Wonderboom as die toekomstige tuiste vir u kind. Ons sien uit daarna om die Spruite van 2026 met ope arms te verwelkom.

BELANGRIK: Alle plasing van leerders geskied deur die Departement van Onderwys se aanlynstelsel.

Die aanlyninskrywingsproses geskied deur die Gautengse Departement van Onderwys (GDE) se aanlynplatform: 👉 www.gdeadmissions.gov.za

Hier volg ’n duidelike stap-vir-stap gids om u deur die proses te help:

🌐 STAP 1: Wag op die opening van die GDE-aansoekproses
Die aanlynportaal vir GDE-inskrywings sal deur die departement van onderwys behartig word. 

📥 STAP 2: Twee opsies om aansoek te doen

OPSIE 1: Doen self aanlyn aansoek

  • U besoek self www.gdeadmissions.gov.za
  • U doen die aansoek en laai self alle vereiste dokumente op.
  • Daarna stuur u die Leerder inligtingsvorm aan Die Hoërskool Wonderboom per e-pos (sien skakel in stap 4).

OPSIE 2: Laat die skool die aansoek namens u doen

  • U stuur die voltooide Leerder inligtingsvorm én alle dokumente aan die skool.
  • U gee dan toestemming dat die skool namens u die aanlynregistrasie doen.
  • BELANGRIK: U sal nog steeds self die dokumente op die GDE-stelsel moet oplaai nadat die skool die aansoek geloods het.
  • Rig dié versoek aan me. C. Schneeberger by aansoek@wonnies.co.za.

📎 STAP 3: Benodigde dokumentasie
Vir beide opsies moet u die volgende dokumente verskaf:

  • Voltooide Leerder inligtingsvorm. (sien skakel hieronder)
  • ID-dokument van ouer/voog.
  • Geboortesertifikaat van leerder.
  • Nuutste/Laaste skoolrapport.
  • Bewys van adres (slegs water-en-ligte rekeninge of huurkontrakte – geen ander vorms word aanvaar nie.)

📧 STAP 4: Indiening van die Leerder inligtingsvorm by die Hoërskool Wonderboom

  • Laai die vorm af vanaf hierdie skakel:
    Leerder inligtingsvorm – Klik HIER
  • Stoor die dokument met die volgende naamformaat:

         LIV_LeerderNaamVan    (bv. LIV_AnnaSmit.pdf)

🗂️ STAP 5: Voltooi administrasie vooraf
Hoewel plasing deur die Departement geskied, stel ons ouers in staat om reeds nou die administrasie met die skool af te handel sodat die proses later vlot verloop.

Indien u enige navrae het, kontak ons gerus by aansoek@wonnies.co.za of besoek ons webtuiste vir verdere opdaterings.

Baie dankie vir u samewerking. Ons sien uit daarna om u en u kind as deel van die WONNIE-familie te verwelkom!

GDE-AANLYN AANSOEKE VIR 2026

STAPPE VIR AANLYN REGISTRASIE:

STAPPE VIR DIE AANLYN GRAAD 8-AANSOEKE

Graad 8-Ouers moet asseblief daarop let dat die aanlyn aansoeke vir Graad 8 verpligtend is. Hieronder volg die stappe vir dié aanlyn aansoeke.

  1. Besoek die GDO-webwerf by gdeadmissions.gov.za
  2. Teken in – “Login”

3. Skep ‘n profiel:

4. Kies die graad waarin die leerder in 2026 gaan wees (Slegs graad 8 vir 2026)

5. Verskaf jou persoonlike en vorige skoolinligting, bv.inligting oor die leerder, sy/haar naam, ouderdom, geslag en kontak besonderhede. Maak seker dat u die onderrigtaal korrek kies: Afrikaans Huistaal.

6. Kies ‘n skool as eerste opsie. Gewoonlik kan ouers tot 5 skole kies.  (Let egter daarop dat indien u meer skole kies, mag u kind daar geplaas word, aangesien u aangedui het dit is een van u keuses.  Kies dus eerder slegs 1 of ‘n maksimum van twee skole.)

7. Laai ondersteunende dokumente op:

  • Ouers se gewaarmerkte identiteitsdokumente.
  • Bewys van huisadres (Munisipale rekening) in die ouer (wat op stelsel gelaai is) se naam, of bewys van werksadres. Indien u ‘n huis huur, moet ‘n huurkontak ingehandig word tesame met die eienaar se munispale rekening.
  • Gewaarmerkte geboortesertifikaat
  • Laaste Graad 7-rapport.
 
 
 

8. Klik “Submit”

9. Kom gee skool se Leerder Inligtingsvorm by die adminkantoor in.

 

 

VIR VERDERE NAVRAE KONTAK ONS

Stuur u boodskap hier

HUISPLASINGS

Kontak aansoek@wonnies.co.za vir navrae rakende huisplasings.