Die Hoërskool Wonderboom het in 2021 besluit om te kyk na die samestelling van die verskillende sportsoorte en hoe ons as skool sport op alle vlakke kan bevorder.Na lang gesprekke is die HOS op die been gebring, wat sport in die skool op ‘n hoër vlak gaan neem.Die HOS se missie is om gebalanseerde individue te ontwikkel om sy/haar sport-ideale te help
verwesenlik.Die doel van die HOS is om, in samewerking met die gimnasium, alle sportsoorte te ontwikkel deur meer professioneel te kyk na afrigting, kondisionering en fiksheid. Die HOS beskik oor ‘n area bokant die gimnasium, wat onderdak is, waar afrigters met hul spanne kan oefen of waar reabilitasie van beseerde atlete deur die skool se fisioterapeut in samewerking met die kondisioneerder hanteer kan word.Die HOS gebruik sportontledingsprogramme om na tegnieke en aksies van alle sportsoorte te kyk, asook om probleme t.o.v. gereelde beserings op te los. Leerders word dan gehelp om deur middel van die beeldmateriaal fyner tegnieke te ontwikkel wat hul baie help op die sportveld. Atlete word afgeneem en kan dus ontwikkel word om beter, sterker en vinniger te word.Die HOS word ook gebruik om laerskole-ontwikkeling te doen. Spanne en individue word gehelp met afrigting en tegniese aspekte van al die sportsoorte. Dus word Wonnies van ‘n jong ouderdom af reg geleer om te oefen en op ‘n meer kompeterende vlak te kan deelneem en ‘n sukses te kan maak van hul sportloopbaan.
Vir meer inligting stuur ‘n e-pos na rugby@wonnies.co.za