Die vier huise van Die Hoërskool Wonderboom is met die doel gestig om ‘n tradisie van geesdrif, samehorigheid en gesonde kompetisie te kweek. Hierdie huise—Samurai, Vikings, Knights en Spartane — elk met hul eie unieke identiteit en kleure, bied aan leerders ‘n platform waar hulle nie net aan kompetisies deelneem nie, maar ook mekaar beter leer ken en saamwerk, ongeag agtergrond of belangstellings.
Die samehorigheid en veggees wat deur die huise gekweek word, is duidelik sigbaar. Leerders ontwikkel nie net trots vir hul huis nie, maar bou ook waardevolle lewensvaardighede soos spanwerk, leierskap en respek. Deur aan sport, akademiese uitdagings en kultuuraktiwiteite binne die huisstruktuur deel te neem, word individue sterker wanneer hulle saamstaan en saamwerk.
Hierdie vriendskaplike kompetisie motiveer leerders om die beste weergawe van hulself te wees en om deursettingsvermoë te toon wanneer dinge moeilik raak. Hulle leer dat ware oorwinning nie net in punte of toekennings lê nie, maar in die trots en toewyding waarmee hulle hulself en hul huis verteenwoordig. Die huise dra by tot ‘n sterker, meer verenigde Wonnie-familie, waar elke leerder se bydrae waardeer word.
Mnr L Roodt
Me E van Niekerk
Me N Crous
Mnr W Jansen van Rensburg
Die leuse van die huise is deur die oorspronklike huismeesters gekies en lui as volg:
“Modig, Vinne, Stor”
(braaf, wen, groot)
“Vita, Vertias, Victoria”
(lewe, waarheid, oorwinning)
“Muteki”
(onoorwinlik)
“Bushido” (way of the warrior) van “geregtigheid, lojaliteit, eer, respek, eerlikheid, moed en konsekwentheid”