Dit is tyd… tyd om in te skryf, want in 2025 word jy ‘n Wonnie!
Jóú Hoërskool-reis begin hier… jóú toekoms wag!
aansoek dokumentasie
1. ID-dokument van die ouer.
2. Suid-Afrikaanse geboortesertifikaat van die leerder.
3. Bewys van woonadres in die ouer se naam
(indien u aansoek doen op grond van u woonadres).
4. Bewys van werksadres van die ouer
(indien u aansoek doen op grond van u werksadres).
5. Laaste rapport van die leerder
Bogenoemde dokumente moet binne sewe dae nadat aansoek gedoen is, ingegee word by die skool of op die aanlynstelsel gelaai word.
Voltooi ook asseblief die leerder inligtingsvorm en stuur na die skool. Navrae: me. Schneeberger (aansoek@wonnies.co.za)
In die skadu van die Wonderboom
Aan die Magaliesberg se soom
Gekap uit klip en rots
Pryk Die Hoërskool Wonderboom trots
‘n Baken waar gemeenskappe sien
Hier leef ons die leuse “groei en dien”.
Wonnie-leerders leer ‘n gesonde balans vir hul leefstyl. Akademie, sport, kultuur en pret in die regte kombinasie verseker dat mense alle aspekte ontwikkel en dikwels talente ontdek wat hulle nooit besef het, hulle oor beskik nie.
Die Hoërboom-Wonnie is leerders wat presteer in akademie, kultuur en betrokke is by meer as een sport.
Betrokkenheid by aktiwiteite lei tot ontwikkeling van goeie vaardighede soos tydsbestuur, prioritisering, leierskapontwikkeling en ingeligte besluitneming – alles vaardighede wat in jou volwasse lewe handig te pas gaan kom.
Ons huis-sisteem waar daar op alle terreine van akademie tot sport, kultuur, skoolbesoek ensovoorts meegeding word, verseker dat daar vir elke kind ‘n geleentheid is om homself/haarself te ontwikkel en ‘n plekkie te vind. Hierdie tradisies spruit uit die 1996 Lourieraand se openingseremonie vir die eerste keer gebruik en al hierdie hedendaagse “instap/”uitstap” / “afstap”/ “opstap” is gebore uit daardie seremonie.
Kopiereg © 2023 Die Hoërskool Wonderboom