Die Wonnies se klerebank word bestuur deur bekwame onderwysers en leerders. Ons klerebank bied leerders skoon, goeie gehalte tweedehandse klere teen bekostigbare pryse.
Hier kan u met ‘n geruste hart klere koop vir u kind. Die klerebank is gedurende pouses oop.