Die mediasentrum beskik oor 35 rekenaars en ongeveer 12 500 boeke. Die boeke sluit vakliteratuur sowel as afrikaanse- en engelse fiksie in.
Leerders kan in ‘n stil en rustige omgewing huiswerk doen en leer.
MISSIE:
Dat alle leerders die geleentheid het om blootgestel te word aan ‘n verskeidenheid van boeke en ander leesstof en op so ‘n manier hul liefde vir kennis en lees kan uitbrei.
WAT KAN LEERDERS ALS IN DIE MEDIASENTRUM DOEN:
Boeke uitneem, afskrifte maak (teen ‘n minimale bedrag), toegang tot die internet om take en navorsing op rekenaars te doen.