GEE OM VIR WIE JY WIL WEES

SKOOLGELD

SKOOLGELD VIR 2026

Ons skooljaar begin onder die leuse: “Leef met hart – want hier begin karakter.” Spreuke 4:23 herinner ons: “Bewaak jou hart meer as alles… want daaruit is die oorsprong van die lewe.”

Met hierdie woorde wil ons beklemtoon dat elke bydrae wat ouers maak, nie net ’n finansiële ondersteuning is nie, maar ’n daad van omgee wat die karakter en toekoms van ons kinders vorm. Wanneer ons saam verantwoordelikheid neem vir die skool se finansies, leef ons met hart en bou ons ’n sterk fondament vir die lewe wat hier begin.

 

Die skoolgeld vir die jaar beloop R2 700.00 oor 11 maande oftewel tot R29 700.00 per jaar.

 

Skoolgeld: Betaalbaar vanaf Januarie tot November in 11 gelyke paaiemente, R2 700 per maand.

Hier volg ‘n gedetailleerde uiteensetting van die skoolfonds vir ‘n gesin:

 

  • Eerste leerder: R 29 700.00 ( R  2 700  X 11 maande)
  • Tweede leerder: R 27 500.00 (R  2 500  X 11 maande)
  • Derde leerder: R 26 400.00 (R  2 400  X 11 maande)

 

Skoolgeld is betaalbaar teen die 7de van elke maand. 

  • Gebruik slegs u familiekode wat op die rekening is as verwysing wanneer skoolgeld betalings gedoen word, bv: 14201 Du Preez.
  • Gebruik die verwysingsnommer + beskrywing vir die handboekfooi bv. 14201 Hboek25.
  • Gebruik die verwysingsnommer + beskrywing vir ander betalings bv.: 14201 Du Preez Rugbytoer
  • U verwysing verskyn langs die woorde Rekeningverwysing op die skoolgeldestaat (Gebruik ook hierdie verwysing met e-posnavrae).
  • Vir navrae kan u die finansiële kantoor kontak by (012) 335 6806 uitbreiding 4 of 5 / of e-pos by finansies@wonnies.co.za.
  • Alle bewys van betalings moet na finansies@wonnies.co.za gestuur word.

 

Ouers word aangemoedig om betalings per debietorder te doen en R550 afslag vir die jaar te kry.

 

  • E-pos voltooide vorm moet na finansies@wonnies.co.za gestuur word. 
  • Bestaande debietorders kan hernu word vir 2026 deur ‘n e-pos as bevestiging aan finansies@wonnies.co.za te stuur.
  • Vir die Debietordervorms KLIK HIER

 

Bykomende vergunning:
Om afslag vir die jaar te kry, word ouers aangemoedig om voor 28 Februarie 2026 die skoolgeld te vereffen vir die jaar. R 1 000.00 korting sal per leerder toegeken word.

 

Vir navrae stuur ‘n e-pos na finansies@wonnies.co.za.

BANKBESONDERHEDE

Die Hoërskool Wonderboom
Bank: FNB
Tjekrekening Reknr: 62877816789
Takkode: 250655

Gebruik asb u kind se skoolgeld Familiekode as verwysing

Verwysing vir betaling:
Skoolgeld – gebruik die Familiekode as verwysing.
Gr 8 verwysing klere – voorletter en van KLERE
Gr 8 verwysing skrifte – voorletter en van SKRIFTE
Wonnie-retoer –  wonnieretoer@wonnies.co.za
Sluitkas – sluitkas@wonnies.co.za
Bewys van betaling:  finansies@wonnies.co.za