GEE OM VIR WIE JY WIL WEES

AKADEMIE

“Onderwys is die kragtigste wapen wat jy kan gebruik om die wêreld te verander”.

Akademie is dus vir ons dié belangrikste aspek van onderwys.

By Die Hoërskool Wonderboom leef ons, ons leuse “Groei en Dien” uit.  Elke Wonnie word hier toegerus met vaardighede, kennis en ondersteuning sodat hy/sy kan groei tot ‘n individu wat die toekoms kan aanpak én ‘n verskil kan maak.  Ons besef terdeë dat elke Wonnie ons toekomstige leiers, predikers en selfs president(e) kan wees. Op akademiese gebied word twee fases voltooi:  

Die AOO-Fase (Algemene Onderwys en Opleiding: Graad 8-9) en die VOO-Fase (Verdere Onderwys en Opleiding: Graad 10-12):

In die AOO-Fase volg ons die vaste kurrikulum, soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys. Ons skool bied egter ekstra keuses in die vak Skeppende Kunste, en is een van die min skole in Pretoria wat dié keuse bied.

VAKKE: GRAAD 8 - 9

 

  1. Afrikaans Huistaal
  2. Engels Eerste Addisionele Taal
  3. Lewensoriëntering
  4. Wiskunde (Gratis Wiskunde klasse – na skool)
  5. Natuurwetenskappe: Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskappe
  6. Sosiale Wetenskappe: Geografie en Geskiedenis
  7. Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe: (Rekeningkunde en Besigheidstudies)
  8. Tegnologie
  9. Skeppende Kunste: Drama + ‘n keuse tussen Kuns, Musiek of Dans

VAKKE: GRAAD 10 -12

Hierdie fase skep die basis vir die leerder se vakkeuses en uiteindelike loopbaankeuses in die VOO-fase.  Ten einde hiér ondersteuning te bied, word die klasse, sover as moontlik, beperk tot kleiner getalle. 

Die leerders ondergaan ook in Graad 9 ‘n Persoonlikheids- en Belangstellingstoets, waar elke individu se voorkeure uitgestip word.

In die VOO-fase (Graad 10-12) brei die vakke aansienlik uit.  Hierdie breë vakopsies maak voorsiening vir elke moontlike toekomsloopbaan van die Wonnies.  Die vakke word verdeel in verpligte vakke (4 vakke) en keuse-vakke (3 vakke):

VERPLIGTE VAKKE

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde/Wiskundige Geletterdheid
  • Lewensoriëntering

KEUSE-VAKKE

  • Fisiese Wetenskappe 
  • Lewenswetenskappe
  • Geografie
  • Geskiedenis
  • Toerisme
  • Rekeningkunde *
  • Besigheidstudies
  • Ekonomie
  • Inligtingstegnologie *
  • RTT
  • Ingenieursgrafie en -ontwerp
  • Gasvryheidstudies
  • Musiek
  • Visuele Kunste
  • Ontwerp
  • Dansstudies
  • Dramatiese Kunste
  • Siviele Tegnologie (Houtbewerking) #
DSC_2424

*Dié vakke kan slegs geneem word tesame met Wiskunde.

#Dié vak kan slegs geneem word tesame met Fisiese Wetenskappe, Wiskunde en IGO.

‘n Keusevak word slegs aangebied indien voldoende aantal leerders die vak neem.

Die breë vakkeuses word ondersteun deur uitstekende infrastruktuur:

  • ‘n Volledige Mediasentrum, waar leerders gratis navorsing kan doen.
  • Laboratoria vir die Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe.
  • Drie rekenaarsentra vir die aanbied van RTT en IT.
  • Twee Gasvryheidlokale, sowel as ‘n restaurant, waar heerlike aansitetes bedien word.
  • ‘n Volledige Musieksentrum, waar alle instrumente hanteer kan word, sowel as ‘n naskoolse praktiese musiek-ondersteuningspan.
  • Die Wonder-bo-wonder-teater vir die dramatiese mense!
  • ‘n Volledig-ingerigte danssaal vir Dansstudies.
  • Volledig-ingerigte sentra vir die aanbied van Siviele Tegnologie en IGO.

Die Hoërskool Wonderboom spog jaarliks met prag-matriekuitslae! Telkens ontvang ons ook sertifikate vanaf die departement, waar ons vakke as die beste in die distrik aangekondig word.  Die skool lewer ook jaarliks matrikulante met 7- en 8-onderskeidings op. Dit kan net geskied omdat daar gekwalifiseerde, toegewyde personeel in elke vak beskikbaar is.  

Die personeel dien ook op verskillende komitees, waar hul insae lewer as Distriksmoderators, NSC-merkers, Senior Merkers en selfs Provinsiale Moderators.

Onthou – dit is by dié skool waar jy 5 jaar van jou lewe gaan ervaar – maak dit die beste ervaring ooit.