WONDER-UITRUSTERS NUUS
NUWE BESTUUR – NUWE GEES!
Liewe Ouers en Leerders
Die Hoërskool Wonderboom is trots om aan te kondig dat ons skoolklerewinkel, Wonder-Uitrusters, nou onder nuwe bestuur funksioneer! Ons nuwe winkelbestuurder sien daarna uit om u hartlik te ontvang en te help met alles wat u en u kind(ers) vir die skooljaar benodig – van skooldrag tot bykomstighede.
Kom gerus inloer en kry jou skoolbenodigdhede en Wonnie-ware betyds – sonder die gejaag! Ons vriendelike personeel sien daarna uit om u met ’n glimlag te bedien.
Vir enige navrae kontak wonderuitrusters@wonnies.co.za